Vier agter tralies oor donkie-gruwelgeval

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Vier mans is vandeesweek tot tronkstraf gevonnis vir ʼn geval wat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) as ʼn gruwelgeval beskryf, waarin minstens 41 donkies erg mishandel is.

Sougson Manasseh, Madhihwa Mjasha, Target Murima en Amoni Chirwa, almal buitelanders, is in September vanjaar van dieremishandeling aangekla, nadat hul vragmotor in September deur beamptes van die Polokwane-Dierebeskermingsvereniging onderskep is.

Die vragmotor het 41 donkies, waaronder talle vulletjies, van Limpopo na ʼn slagplaas in Randfontein in Gauteng geneem.

“Al die donkies is saam op die agterkant van die vragmotor ingeprop. Hulle was in ʼn gehawende toestand en van die diere was reeds dood of op die randjie van dood,” het die NDBV in ʼn verklaring gesê.

Van die donkies moes van kant gemaak word om hul lyding te beëindig.

Die vier verdagtes het Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Dierebeskermingswet.

Hulle het skuldig gepleit op die aanklagte teen hulle en is tot tronkstraf van agt maande elk gevonnis sonder die opsie van ʼn boete. Hulle is nog twee maande tronkstraf opgelê omdat hulle onwettig in die land gebly het. Die twee vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die NDBV het die vonnis verwelkom en gesê dieremishandeling sal nie geduld word nie. Die NDBV het die landdros en staatsaanklaers geloof vir hul spoedige optrede om geregtigheid te laat geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Henk ·

En dit alles net om die chinese mark te verskaf… die chinese sal alles vernietig

Jean ·

Wreedheid teenoor diere het GEEN einde nie, dit raak by die dag erger, want dit word toegelaat, hierdie is een van die min gevalle waar die oortreders gestraf is, maar siende dat hulle hulle vonnisse vir dieremishandeling en onwettige verblyf in die land tegelyk uitdien, lyk dit vir my eerder asof die vonnis eintlik vir laasgenoemde is, daar is GEEN justice vir diere in SA nie.

Ben ·

@Jean – jy is korrek, diere word hier beskou as absoluut niks, want niemand lees hul Bybel en weet dat die mens deur God toevertrou was om na hulle om te sien nie. Die ongelowiges sien diere bloot as nog ‘n manier om hulle pense goedkoop of gratis vol te kry. Ek wens dat daar “regte” was vir diere! Ek vertrou dat die ewige uitbuiters hul erge straf sal kry!

GES ·

Daar word gesê dat ʼn volk se beskawingspeil gemeet word aan hoe die volk met sy diere werk. Dit laat ʼn mens wonder …..a

Mossie ·

Hulle voel nie eers vir mense iets nie hoe sal hulle vir dier iets voel

Adam ·

En daar is geen melding van deportasie gemaak nie Na 2 maande word hulle op parool vrygelaat en gaan hulle maar net weer aan Hulle moet ook so op n trok gelaai en anderkant die grens afgelaai word

Ronnie ·

Ek het nie ‘n plasie of ‘n plot nie, maar selfs al sou ek 41 donkies op my erf aanhou, sou hulle beter versorg gewees het as daardie (minstens) 41. Dis darem erg!

Brie-brie ·

Jong, ek weet nie van die slagpale in randfontein nie, maar wel die abbatoir in kagiso en dit val onder krugersdorp…of te wel in chamdor

JC ·

Dank die Here tog vir die straf-eintlik moes hul 2 jaar gesit het.
Mooi werk NDBV-trots op julle. Baie, baie dankie!!

Akram ·

Genugtig. Wat is volgende? Ek wonder nou net, as die donkies slagpale toe geneem word, wat word die vleis voor gebruik? Hondekos of kos vir die leeus?

Valie ·

n Land se beskawingspeil word o.a. gemeet aan die manier waarop hul diere hanteer word. Hoe laag sal julle se is hierdie volk op daai totem paal?

E.K. - wil ook maar net noem... ·

Waar het hulle die donkies gekry? Die wat dit aan hul gelewer/gegee het is net so skuldig en moet OOK asb vervolg word! Mense asb – as jul ‘n ekstra rand of twee het SKENK aan die DBV – dis nog die enigste ouens wat regtig mense hof toe vat. Daar is mense wat valslik onder die indruk is die DBV kry geld van die staat – dis nie so nie! En as jul bang is geld word misbruik, skenk kos, komberse – IETS asb!

Ruby ·

Ek mag nie haat nie… JY wat dit aan ‘n dier doen het geen hart, jy steel suurstof.

Ek verag jou met elke bloedsel in my liggaam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.