Vier ANN7-opleiers moet land verlaat

Advertensiebord van ANN7 op DStv kanaal 405

Advertensiebord van ANN7 op DStv kanaal 405

Vier buitelanders wat werknemers van die Gupta-familie se ANN7-nuuskanaal opgelei het, is beveel om Suid-Afrika te verlaat, het Beeld Dinsdag berig.

Naledi Pandor, minister van binnelandse sake, het gister in antwoord op ’n parlementêre vraag gesê die departement het “dadelik” opgetree ná bewerings aan die lig gekom het dat buitelanders sonder werkpermitte in diens van die kanaal was.

Volgens ʼn klagte wat die departement ontvang het, was daar agt werknemers sonder werkpermitte.

’n Voorlopige ondersoek deur die departement het bevind dat agt werknemers besoekerspermitte gehad het, en wettig in die land was. Hul permitte laat hulle toe om sakevergaderings by te woon.

“Die departement het vasgestel dat vier van die agt buitelanders al die land verlaat het, en dat die oorblywende vier opleiding aan die werknemers van ANN7 verskaf het, maar nie op hul betaalstaat was nie,” het Pandor gesê.

“Selfs al beskou ANN7 hulle nie as werknemers nie, en al het hulle nie vergoeding ontvang nie, het die departement bevind dat hulle hul permitvoorwaardes verbreek het, en hulle is beveel om die land te verlaat.” – SAPA

Lees ook:
Voormalige Gupta-nuuskanaalredakteur wil alles openbaar
ANN7-redakteur vlug uit land
ANN7 sou glo “pro-ANC” wees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.