Vier arbeiders sterf in trekkerongeluk

Argieffoto (Foto via Pixabay)

Argieffoto (Foto via Pixabay)

Vier plaasarbeiders is Woensdag dood op ʼn suikerplaas naby Umkomaas in die suide van KwaZulu-Natal.

“Die vier mans het op ʼn sleepwa gery wat deur ʼn trekker gesleep is toe dit omgeslaan het,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê. Volgens hom was daar ook ʼn watertenk op die sleepwa.

Nog sewe arbeiders is beseer in die ongeluk. Hulle is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie en departement van arbeid stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Hou hierdie storie fyn dop – die arme boer gaan weer al die skuld kry. Sterkte on maat.

Peet Schabort ·

‘n Trekker is seker een van die stadigste goed maar wat jou in ‘n ommesientjie kan verongeluk. Gaan kyk op Youtube wat ‘n trekker (en sy implemente) met jou kan doen.

Gerhardt ·

Dis waar! Ek dink mens ondeskat die gevaar. Vra maa vir Oom Angus Buchan.

TSHEPO ·

Dis oor silke grappe wat ig en jakkals maak dat daar so baie haat in ons land het ons is nie dom nie

Leeutjie ·

Tshepo gelukkig voel ons almal nie soos ig en jakkals nie, maar ek wil vir jou se dat die teendeel ook waar is. Mense van alle rasse is skuldig aan hierdie gedrag en dit sal ‘n seen wees as mense meer verdraagsaam is met mekaar!

pop ·

Dis n vreeslike manier om aan jou einde te kom. Tshepo, ek sien nou nie ig en jakkals se kommentaar nie. Maar ek wil vir jou se ek is baie bly om te sien jy lees maroela. Hou so aan!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.