Vier beamptes geskors ná man kaal ‘uit hut getrek word’

(Foto: Skermskoot uit video)

Vier wetstoepassingsbeamptes van die Kaapstadse metro gaan geskors word hangende ʼn ondersoek na ʼn video wat glo wys hoe ʼn man kaal uit ʼn plakkershut in Khayelitsha gedwing en hardhandig hanteer word.

“Die stad is bewus gemaak van die beeldmateriaal en ons is besig om vier beamptes te skors wat by die voorval betrokke was hangende die uitkoms van ʼn ondersoek,” het Richard Bosman, uitvoerende direkteur vir veiligheid en sekuriteit by die metroraad, gesê.

In die video, wat wyd op sosiale media versprei is, bars beamptes en ʼn kaal man skielik by die deur van ʼn plakkershut uit. Dit lyk of die nakende man hom probeer teësit om terug in die plakkershut in te gaan en hy val in die proses op die grond. Die beamptes keer hom, waarna begin word om die plakkershut af te breek.

Die man was glo besig om te bad toe hy uit die plakkershut verwyder is sodat dit afgebreek kon word. Die grond waarop die man se hut was, behoort aan die Kaapstadse metroraad en volgens Bosman was daar al verskeie pogings om onwettige besetting op die grond te voorkom.

Die beamptes se skorsing sal volgens Bosman ook verseker dat personeel nie geteiken word terwyl hulle aan diens is nie. “Ons is jammer oor die gedrag wat in die video uitgebeeld word en ons keur nie enige gewelddadige of onmenslike optrede deur ons personeel goed nie.”

Die grond is geoormerk vir die installering van dienste om die groter gemeenskap te dien en volgens Bosman is onwettige strukture al voorheen hier verwyder, maar is daar daagliks nuwe grondbesettingspogings.

(Foto: Skermskoot uit video)

“Die stad neem die aantygings teen die beamptes baie ernstig op en terwyl ons personeel aan baie uitdagende omstandighede blootgestel word wanneer hulle teenbesettingsoperasies uitvoer, sal ons nie geweld van enige aard deur wetstoepassers duld nie. Ek het gevra dat die feite aangaande die voorval as ʼn saak van dringendheid vasgestel word en dat die ondersoek sonder oponthoud afgehandel word.”

Volgens Bosman is daar ʼn interdik sowel as ʼn onlangse hofbevel wat 49 huishoudings toelaat om tydelik op die grond te bly tot na die tydperk van afsondering.

Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, het woedend gereageer en gesê die beamptes se optrede was afskuwelik en onnodig.

Joemat-Pettersson het die leierskap van die Stad Kaapstad se munisipale polisiediens ontbied om verslag te doen oor wat gebeur het. “Wetstoepassers het ’n mandaat ‘om te beskerm en te dien’, en hierdie mandaat is in hierdie geval ondermyn.”

Sy is van mening die wetstoepassingsbeamptes se optrede is ʼn skending van die man se reg op menswaardigheid soos in die Grondwet vervat. “Die optrede is selfs meer skandelik, veral in die konteks van die implementering van die ramptoestand, wat uitsettings verbied het.”

(Foto: Skermskoot uit video)

Die komitee het ook daarop gelet dat die Stad Kaapstad voortgaan met “onmenslike uitsettings in die middel van die winter” ondanks die beroep deur die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie tydens ʼn onlangse besoek aan Kaapstad dat uitsettings gestaak word.

“Die polisiebeamptes het die man nie eers toegelaat om aan te trek nie en dit lyk of hulle hom in die openbaar wou verneder. Ons wil die slagoffer aanraai om ʼn klag aanhangig te maak teen die stad se wetstoepassingsbeamptes en hul bestuurders.”

Joemat-Pettersson het ook ʼn beroep op die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) gedoen om die voorval te ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Leon ·

Het hulle vir die polisie gevra of die man nie dalk gewyer het om aan te trek en die beamptes hom dalk maar moes uitsleep nie.

Oom Hennie Pennie ·

Nou hoe moet wetstoepassers dan optree?? Moet die skuldige eers ‘n koppie tee en toebroodjies aangebied word?

Surfer ·

Dis reg, in die eerste plek het hy onwettig gebly en gebad, dis nie sy grond nie.

AndrewL ·

Al wat die ouens nou gaan doen is om almal hul klere uit te trek wanneer wetstoepassers opdaag. Watch this space!!

Scalla ·

Die wetstoepassers gaan seker nou die vroulike oortreders eerste target.

Scalla ·

Joemat, ons is net so woedend oor die olie wat jy teen n verlies verkoop het!!!!!!

Kokerboom ·

Dis erg moeilik om deesdae ‘n geregsdienaar te wees.Ek was onder die indruk dat die absoluut nuttelose voormalige minister na AL haar vorige droogmaak van die toneel verdwyn het en sowaar hier is sy nog en le ‘n eier! Dis net verstommend hoe die anc hul kaders oral voor sorg!!!

AmY ·

Gebad nogal.
Ons bad nie eens nie.
Stort net om water te spaar

Chivago ·

Wel as hy nie onwettig geplak-en-bad het nie, sou dit nie gebeur het nie. Hoe vinniger die belaglike menseregte solaatjies ophou salfies smeer, hoe vinniger sal wet en orde herstel kan word.

Isabella ·

Polisie verwyder onwetige plakker word geskors ANDER WEERMAGLEDE MAAK N MAN DOOD WORD NI GESKORS Hoe lank gan ons nog in hierdie land bly wat in duie stort dit raak erger en erger wetteloosheid regeer…onwettigheid is mos nou volgens orde

Jaco ·

Skorsing WANT wetstoepassers van die Stad Kaapstad, so die “rassistiese wit DA” was vir die aanranding verantwoordelik.
In die geval waar die man vermoor is, was die ANC-beheerde weermag betrokke. Dan is sulke goed blykbaar OK.

tweeling ·

Nog nooit gedink metro beamptes is dit werd om polisie werk te doen nie.

Jan ·

So wat moet die cops doen as die man weier om uit te gaan of om klere aan te trek? Seker die huis afbreek met hom binne in….. Krims het mos al die regte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.