Vier beamptes in hof wat glo vroue aanrand

Die voorval wat Saterdagaand in Leiden, Delft, plaasgevind het, is op kringtelevisie vasgevang.

Vier polisiebeamptes het Dinsdag in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding nadat hulle glo ʼn groep vroue aangeval het.

Die voorval wat Saterdagaand in Leiden, Delft, plaasgevind het, is op kringtelevisie vasgevang.

Volgens Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het die beamptes verby ʼn groep vriendinne gery en toe stilgehou.

Die beamptes, wat lede van die nasionale intervensie-eenheid in Pretoria is, het glo toenadering by die vroue gesoek en hulle onder meer gevra of hulle saam in die motor wil ry.

Die vroue het glo hul toenadering geweier waarna die beamptes uit hul wit, ongemerkte voertuig geklim en die vroue glo hardhandig behandel het.

Een van die lede het ook rubberkoeëls afgevuur en een van die vroue is getref en gewond.

Die beamptes is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn op aanklagte van aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die vier beamptes is sers. Ntuthuko Dladla, konst. Francious Monyai, AO James Mokitle en AO Setlole Motabogi.

Die beamptes is op waarskuwing vrygelaat en moet weer op 16 Februarie 2022 in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
AW

Wat ń SKANDE !!!

Tiptol

So, die beamptes kan met hul lewens aangaan na hul net ‘n waarskuwing ontvang het, terwyl die vrouens beseer en getraumatiseerd is. Wat ‘n grap!

Misky

Net op waarskuwing vrygelaat….. M.a.w. hulle is terug op hul pos en gaan maar net aan met die boelie gedrag. Dit moet in ‘n ernstige lig gesien word en dis onaanvaarbaar.

Frederik C

Geen van der Merwe betrokke nie.

Anel

En hulle is nie geskors nie en gaan seker nog bevorder word ook.!!!!