Vier ‘bedrieërs’ in bank in hegtenis geneem

Die vier vermeende swendelaars kort nadat hulle by die bank aangekeer is. (Foto: Valke)

Die polisie in Limpopo het Donderdag toegeslaan op vier vermeende bedrieërs wat na bewering R12 miljoen uit ʼn sakerekening probeer steel het.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die eenheid se span wat ernstige handelsmisdaad ondersoek het ʼn wenk gekry dat die mans in ʼn bank by die Tubatse Crossing-winkelsentrum naby Burgersfort is.

Hulle is bedien deur ʼn bankamptenaar vir wie hulle glo omkoopgeld aangebied het om hulle te help om die geld uit die sakerekening na ʼn ander rekening oor te plaas.

“Na bewering was die plan dat die konsultant ʼn beduidende bedrag geld dadelik oorplaas na verskeie van die verdagtes se rekeninge. Oorplasings sou op ʼn weeklikse grondslag gedoen word totdat die betrokke rekening leeg was. Vir haar bydrae tot die plan is die konsultant ʼn aansienlike bedrag geld per transaksie beloof,” het Maluleke gesê.

Die bankamptenaar het haar bestuurder ingelig en toe gemaak of sy saam met die verdagtes sal werk.

“Die verdagtes is in hegtenis geneem terwyl hulle hul rekeningbesonderhede verskaf het,” het hy gesê.

Hulle verskyn na verwagting vandag in die Praktiseer-landdroshof op aanklagte van bedrog.

Dié voorval is die tweede soortgelyke een waarby dieselfde bank betrokke is. Verlede jaar het die Valke ook vir Goci Nwabisa (29), Tshepo Danie Setlhapelo (28), Aaron Mabanda (40) en Lifty Nkabe Makalela (42) in hegtenis geneem. Die vierstuks het glo probeer om die Royal Bafokeng-trust by dieselfde tak uit meer as R100 miljoen te swendel.

Nwabisa, Setlhapelo en Makalela is vrygelaat op borgtog van R300 elk. Hulle word in Junie gevonnis. Madanda se verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

emily ·

Liewe hemel, Bedrog en borg is R300
Ons regstelsel is swak verby.

Gert van Wierdapark ·

Die R300 borgtog wat hul gekry het verdien ‘n flippen Krag woord. Dit vorm deel van die Kakistokrasie wat in die land heers. Daar is geen manier dat’ n swendelaar NIE sy R300 sal verbeur nie! Wonder by wie leer die Skelms al die skelmstreke?

Willie ·

Hulle word ongelukkig andes behandel… daar is seker weer Government Salutes betrokke… n Flippen skande die regstelsel

Philip ·

Flip my kop is te klein om die dinge te verstaan. R300 borg vir oor R100 milj? Ons regstelsel is vir jou darem ‘n grap. Was dit wit mense was dit R300000. Ek gee op. Ek wens ek was in ‘n posisie om hierdie pragtige land van ons good-bye te sê.

Thys ·

Ek neem aan as hulle Junie gevonnis word, is hulle reeds skuldig bevind. Hoe kan hulle dan enigsins op borg vrygelaat word???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.