Vier beseer in Midrand-botsing

Foto: Verskaf.

Vier mense is beseer toe ʼn motor en ʼn bakkie gebots het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Sondagaand omstreeks 20:36 op die N1 in Vorna Valley in Midrand plaasgevind.

“Berigte vanaf die toneel dui aan dat vier mense beseer is in die botsing tussen die ligte voertuig en die ligte afleweringsvoertuig [bakkie],” het Herbst gesê.

Die bakkie het op sy sykant in die pad gelê.

Al vier beseerdes is op die toneel behandel en na die hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Koos ·

Wonder wat het hy so laat afgelewer? Was dit ook ‘n eenton-voertuig soos in daai ander berig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.