Vier beseer in N2-ongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

Een persoon is ernstig beseer en drie ander mense het ligte beserings opgedoen in ʼn botsing Sondagoggend op die N2-noord in Durban, KwaZulu-Natal.

Volgens ER24 het die ongeluk naby die sementfabriek plaasgevind. Met paramedici se aankoms op die toneel het ʼn motor op sy dak in die noodbaan gelê. Die motor en ʼn bakkie het glo gebots voor die bestuurder van die motor glo beheer verloor het en die motor omgeslaan het. Die bestuurder van die motor het nek- en rugbeserings opgedoen en is op ʼn spesiale draagbaar geplaas. Die drie insittendes van die bakkie het ligte beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voor hulle saam met die bestuurder van die motor na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.