Vier beseer in nagtelike ongelukke

Drie motors was betrokke by die botsing in Kempton Park: Foto: Verskaf

Een persoon is ernstig beseer en nog twee matig in ʼn ongeluk in Kempton Park aan Gauteng se Oos-Rand.

Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê die ongeluk het 00:30 Sondag op die hoek van Kwartel- en Modderfonteinweg gebeur. Blykbaar het drie motors teen mekaar vasgery.

Al die pasiënte is op die toneel behandel voor hulle per ambulans na nabygeleë hospitale gebring is. Die polisie ondersoek die voorval.

In Sandton het ’n muur in die slag gebly toe ’n jong man daardeur gejaag het. Foto: Verskaf

Sowat drie uur later, omstreeks 03:30, het Netcare 911 gereageer, op ʼn botsing in Bryanstonlaan in Sandton, ook in Gauteng.

Luidens berigte het ʼn motorbestuurder beheer oor sy voertuig verloor en deur ʼn muur gebars.

“Paramedici het die 23-jarige man op die toneel ondersoek en vasgestel hy was in ʼn bestendige toestand,” sê Herbst. “Hy het ambulansvervoer na die hospitaal van die hand gewys.”

Herbst sê die polisie het die toneel kom ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Netso ·

Tussen 12 en 5 is net moeilikheid! ” en daar was drank betrokke” sing Robbie Wessels!

Ig ·

Dit is die verdomde bome, lamppale en mure wat in die nag getrek raak en dan voor die karre inloop.

Papa G ·

Ek reis soms in die nag. Die mense wat ek by die petrolstasies sien gee my koue rillings met die gedagte dat hulle bestuur. Sommige bestuur sommer met die glas drank in die hand… Ek weet, dit het niks te doen met hierdie ongelukke nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.