Een persoon is ernstig beseer en nog twee matig in ʼn ongeluk in Kempton Park aan Gauteng se Oos-Rand.
Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê die ongeluk het 00:30 Sondag op die hoek van Kwartel- en Modderfonteinweg gebeur. Blykbaar het drie motors teen mekaar vasgery.
Al die pasiënte is op die toneel behandel voor hulle per ambulans na nabygeleë hospitale gebring is. Die polisie ondersoek die voorval.
Sowat drie uur later, omstreeks 03:30, het Netcare 911 gereageer, op ʼn botsing in Bryanstonlaan in Sandton, ook in Gauteng.
Luidens berigte het ʼn motorbestuurder beheer oor sy voertuig verloor en deur ʼn muur gebars.
“Paramedici het die 23-jarige man op die toneel ondersoek en vasgestel hy was in ʼn bestendige toestand,” sê Herbst. “Hy het ambulansvervoer na die hospitaal van die hand gewys.”
Herbst sê die polisie het die toneel kom ondersoek.
Trek die bestuurder se bloed. Saak afgehandel.
Tussen 12 en 5 is net moeilikheid! ” en daar was drank betrokke” sing Robbie Wessels!
Dit is die verdomde bome, lamppale en mure wat in die nag getrek raak en dan voor die karre inloop.
Ek reis soms in die nag. Die mense wat ek by die petrolstasies sien gee my koue rillings met die gedagte dat hulle bestuur. Sommige bestuur sommer met die glas drank in die hand… Ek weet, dit het niks te doen met hierdie ongelukke nie…