Vier beseer in Randburg-skietery

Een van die voertuie wat in die botsing betrokke was. Foto: Charles Byrne / @JnrEGM op Twitter

Een van die voertuie wat in die botsing betrokke was. Foto: Charles Byrne / @JnrEGM op Twitter

Vier mans is Donderdagmiddag beseer tydens ʼn skietvoorval in Malibongwerylaan in Randburg, Johannesburg.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn motor het by die kruising van President Foucheweg en Malibongwerylaan teen ʼn bakkie en ligte afleweringswa gebots, waarna die skietery uitgebreek het.

“Buiten die mans wat in die skietery beseer is, is die bestuurder van een van die voertuie ook tydens die botsing beseer,” het Steinmann gesê.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die skietery is nog nie bekend nie. Kapt. Augustine Selepe, polisiewoordvoerder, is besig om meer inligting oor die voorval te bekom.

Verkeer in die gebied is erg vertraag. Plaaslike owerhede was teen 14:30 steeds op die toneel. Motoriste is versoek om die gebied te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.