Vier beseer in skietgeveg op straat

(Argieffoto: Kent Williamson)

Vier mense is Vrydagoggend tydens ’n skietgeveg in Wes-straat in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, beseer.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is Vrydag omstreeks 08:33 na die toneel ontbied. Die polisie was toe reeds op die toneel.

Paramedici was besig om die een pasiënt te behandel toe hulle ingelig is dat nog drie langs Wes- en Langstraat beseer lê. Al vier pasiënte is tydens die skietery raakgeskiet.

Meiring sê die pasiënte is op die toneel vir hul beserings behandel. Hulle is daarna per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Inligting oor die voorval is nog nie bekend nie, maar volgens Meiring is die polisie besig om die saak te ondersoek.

Maroela Media het navraag aan die polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ES ·

Wilde weste daar in Pietermaritzburg… Dis sulke mense wat maak dat ons gewone vuurwapen eienaars dit al hoe moeiliker vind om ons wettige vuurwapens te lisensieer.

Prikkie ·

Stem 100% saam. En nou wil hulle die land “gun free” maak!. Hoe vat jy onwettige vuurwapens af?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.