Vier beseer ná skietery by drankwinkel

Vier mense is beseer nadat ’n skietery Donderdag by ’n drankwinkel in Bloemfontein uitgebreek het. (Fotot: VRMED)

Vier mense is beseer nadat ’n skietery Donderdag by ’n drankwinkel in Parkweg in Willows, Bloemfontein, uitgebreek het.

Luidens ’n verklaring deur VRMED-nooddiens is drie vermeende verdagtes ernstig gewond terwyl ’n verbyganger ligte beserings opgedoen het toe dié deur ’n dwaalkoeël getref is.

Een van die drie ernstig beseerde verdagtes is sowat 2 km van die toneel af in Roselaan in Wilgehof gevind.

“Al die beseerdes is op die toneel behandel en onder polisiebewaking na nabygeleë hospitale vervoer.”

Die verdagtes is glo deur twee mans gekonfronteer, toe een van dié mans op die beweerde verdagtes losgebrand het.

Die motief en presiese omstandighede van die skietery is egter nie bekend nie.

Volgens VRMED het die skieter geen beserings opgedoen nie. Die persoon word glo wel deur die polisie aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.