Vier beseer toe honde hulle aanval

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense, insluitend ʼn koerantverspreider, is Woensdagmiddag beseer toe honde hulle in Heidelberg in Gauteng aangeval het.

“Die Heraut-koerantverspreider, ʼn tuinier en twee bure is omstreeks 14:30 deur twee veghonde aangeval,” het kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie in Heidelberg, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Die hek was glo nie gesluit nie, en die honde het die koerantverspreider aangeval toe hy koerante in die posbus geplaas het. “Hy het probeer weghardloop, maar die honde was só wild, dat hulle hom platgetrek en gebyt het,” het Tshilate gesê. “Hy het ernstige beserings opgedoen.” Die man se arms en bene is gebyt.

“ʼn Tuinier, wat die man te hulp gesnel het, is ook aangeval. Sy linkervoet en arms is beseer,” het Tshilate bygevoeg.

“Twee bure, ʼn bejaarde man en ʼn jongmens, is ook aangeval toe hulle die mans wou help. Die jongmens het net geringe beserings opgedoen.” Die polisie kon nie die omvang van die bejaarde man se beserings bevestig nie.

Die twee mans is na die Heidelberg-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie het ʼn klag oor die aanval ontvang en hulle kon een van die honde verdoof voordat sy na die Dierebeskermingsvereniging geneem is. Die eienaar het die ander hond in sy erf toegesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Wetgewing is nie streng genoeg vir mense wat sulke honde wil aanhou nie. Sulke honde hoort nie in ‘n woongebied nie!!! Hoop hierdie saak word nie daargelaat nie.

Eugene W Steyn ·

Nee regtig, ‘n mens kan nie sulke honde aanhou in ‘n woongebied nie! Dit is nou al die hoeveelste keer wat hierdie veghonde mense vermink of dood.

Stoere Boer ·

Ja ek weet dit is gevaarlike diere maar met die kriminele wat deesdae los rondloop het jy sulke diere nodig. Iemand was egter agterlosig om nie die hek behoorlik toe te maak of selfs te sluit nie. Ongelukkig sal die diere nou sekerlik van kant gemaak word.

Nadine ·

Onthou net een ding, geen hond word ‘n veghond gebore nie net soos geen persoon ‘n krimineel gebore word nie. Hou op kla oor die hond, en kla oor die eienaar wat hulle so geleer en grootgemaak het, nog te meer Maroela Media, hou op alle Pitbulls toon as veghonde, tensy julle kan bewys almal is veghonde, en dit my liewe mense gaan nie so maklik wees nie.

Riaan van Zyl ·

Pittbull honde is nie om dowe neute verbied in bv. Engeland nie.

ESTELLE ·

Elke dag as mens die koerante oopmaak is dit moord en doodslag! Bitter min van honde wat mense aanval! So ek wonder wie moet SA verbied word?

Diere het net soos ons hulle af dae, en verdien hulle plek in die son!

Nadine ·

Ek stem 100% saam, mense is gou om diere te veroordeel, maar mensdom kan steel en moor soos hul wil.

ronel ·

Ek sien oral deesdae noem hulle pitbull veghonde is dit nie dalk bietjie drasties om die naam te gee nie?dis nie net hulle wat in honde gevegte gebruik word nie is dit?En bygese what you teach is what you get…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.