Vier beseer toe skote by sentrum in WK klap

(Foto bloot ter illustrasie: Megan Swart/Maroela Media)

Vier mense, onder wie ʼn polisiekonstabel, is Dinsdag in ʼn skietery by ʼn winkelsentrum in Eersterivier in die Wes-Kaap beseer. Twee mans wou glo die poskantoor beroof toe die skietery uitgebreek het.

Twee 21-jarige verdagtes is intussen in hegtenis geneem en sal binnekort in die Bluedowns-landdroshof verskyn.

Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê die polisie is omstreeks 12:45 na die toneel in Strandweg ontbied.

“Luidens die polisieverslag het twee mans die poskantoor binnegedring en geld geëis. Toe polisiebeamptes by die toneel opdaag, het ʼn skietery ontstaan.

“Twee mans, onderskeidelik 76 en 40 jaar oud, is raakgeskiet, asook ʼn 61-jarige vrou. ʼn 30-jarige polisiekonstabel het ook skietwonde opgedoen. Die vier slagoffers is almal na nabygeleë hospitale vir behandeling geneem.”

 Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê een van die slagoffers was ʼn veiligheidswag wat ʼn ernstige skietwond in sy lies opgedoen het. Die ander man en vrou het glo skietwonde aan hul voete opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Miena ·

Uhhmmm- die poskantoor beroof??? Vir wat – die bietjie geld waarmee hulle werk, die pakkies (wonder nogal om wat mee te doen dan) Beslis nie posseels nie… kry mens nog so iets vandag? Vra vir myself!

Mallie ·

Hulle loop rond met onwettige vuurwapens, maar ons wat ons wapens wettig gekoop en geregistreer het ly onder hulle verwoestende optredes. Basta daarmee. As jy n vuurwapen lisensie eenkeer uitgeneem het is jy die wettige eienaar. Niks meer hernuwings en sulke snert nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.