Vier beseer toe swerm bye hulle aanval

Argieffoto (Foto: PatoSan, Pixabay)

Argieffoto (Foto: PatoSan, Pixabay)

Vier persone is Dinsdagmiddag beseer toe ʼn swerm bye hulle by ʼn depot in Klipspruit, suid van Johannesburg, aangeval het.

“ʼn 57-jarige man en 45-jarige vrou het skuiling gesoek in die ontvangsarea,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Hulle het verskeie bysteke opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na Jabulani-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Nog twee mans het ook verskeie bysteke opgedoen toe hulle daar naby gras gesny het, en glo ʼn byekorf versteur. Hulle is albei na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Maroela Media het ook vroeër berig vier paramedici het Maandag hul lewe gewaag om tot die redding van ʼn man, wat sy eie tuindienste besit, te kom toe hy deur ʼn swerm bye in Kaapstad aangeval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rina ·

Bye is baie gevaarlik veral nou dat dit so warm is en hulle nie water in die veld kry nie beweeg hulle na plaas damme..krane wat drup honde of voels se waterbakke..Ekt laas jaar R4500 se kalkoene en hoendersverloor asgv bye..nou nog steeds baie bye .my hoenders en honde kan nie naby waterbakke kom nie…

Elizw ·

By steek is baie erg.ek is vreeslik allergies vir bye gif. Ek kan net dink hoe seer daai mense moes gehad het. Ek vrees nie n slang of spinnekop nie.maar n by.dis vir my vreesaanjaend. Sterkte vir daai 4 mense.

e ·

Eina ja ek is ook deur n by gesteek nadat ek gebad het en my afgedroog het onbewus daarvan dat die by op die handdoek gaan sit het. Gelukkig was dit net die een bytjie maar sy steek was nogtans verdomp seer want hy het my op n baie sensitiewe plek gesteek. Gelukkig is ek nie allergies vir bye gif nie.

Christa ·

Hulle moet eers ondersoek of daarom byeneste is voordat hulle begin sny! Die bye moet deur ‘n deskundige verwyder word. Onthou ons het reeds probleme met bye wat uitsterf!! Moenie krap waar y dit nie jeuk nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.