Vier beseer toe trok aan die brand slaan

Foto: ER24

Foto: ER24

Vier mense is Sondag beseer toe ʼn vragmotor op die N12 naby Atlasweg in Johannesburg vanself aan die brand geslaan het.

Pieter Rossouw, ER24-woordvoerder, het gesê die vragmotor het ʼn verskeidenheid goedere vervoer toe dit in die ry aan die brand geslaan het. Dit is in hierdie stadium nie bekend hoe die brand ontstaan het nie.

“Vier mense was agter in die vragmotor en toe die brand ontstaan het, het hulle uitgespring terwyl die voertuig nog beweeg het,” het Rossouw gesê. “Die bestuurder het die vragmotor gestop en ook uitgespring.” Die vier mense wat agterop die vragmotor was, het geringe tot matige beserings opgedoen, maar die bestuurder was ongedeerd.

“Toe ER24-paramedici op die toneel opdaag, het hulle die vragmotor, in vlamme gehul, op die hoofweg gevind,” het Rossouw gesê. Die vier beseerdes is na ʼn hospitaal vervoer.

Die voorval sal deur die plaaslike owerheid ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.