Vier mense is Saterdagmiddag beseer tydens ʼn transitorooftog op die R501 in Carletonville, Gauteng.
“Paramedici het omstreeks 16:30 by die toneel opgedaag,” sê Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24. “Die transitovoertuig het in die middel van die pad gestaan. Dit is met springstof oopgeblaas.”
Vier mans, die twee veiligheidswagte en twee ondersteunende personeellede, was op die toneel. Hulle het geringe tot matige beserings opgedoen.
“Die pasiënte is op die toneel behandel voor hulle na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Geen verdere inligting is bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Ek geen spesiale ondersoekspan nie???? Ek sien die transito voertuie se skietgate is toe gemaak
Lankal gese hulle moet iets implimenteer wat die geld vlek tydens sulke aanvalle, dit sal hierdie transito rooftogte stopsit as die geld nutteloos is.
En daar is n sekere politieke party wat R200 miljoen moet kry voor einde deseber vir salarisse en ander rekeninge. Laat mens wonder …
Nou die 4de transito roof in Carletonville. Wragtag hierdie land is in sy piekie in. cANCer party responsible for the spiralling downfall.
Die rowers het meer plofstof as die weermag. Wat n wettelose land en dan is daar nog mense wat glo alles gaan regkom.