Vier Bloemfontein-seuns gevonnis vir verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Vier tienerseuns is in die Bloemfontein-landdroshof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn ander seun.

Volgens Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het landdros Jan Greyvenstein die vier seuns, tussen 13 en 15 jaar oud, gevonnis vir die verkragting van ʼn 10-jarige seun in November 2011.

Die seuns se vonnisse is vir vyf jaar opgeskort. Die hof het gehoor dat die vier seuns op die dag van die misdaad na ʼn sokkerveld geloop het om te gaan oefen. Hulle het die 10-jarige na die oefening na ʼn afgeleë plek geneem en hom verkrag.

“Die vier seuns het aan die hof gesê hulle het net ʼn ‘speletjie’ met die seun gespeel en hulle moes hom as deel van die speletjie penetreer,” het Shuping verduidelik. “Hulle het gedink die seun het ingestem daarvoor, aangesien hy deel was van die speletjie.”

Staatsaanklaer Louis York sê al het die seun ingestem, was dit steeds nie wettig nie, aangesien die kind onder die ouderdom van 12 is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Petrus Swanepoel ·

Dit is hoekom ek as ouer nie saamstem dat graad RR by Laerskole ingesluit word, daar is wetters wat se koppe raas (soos in die berig) wat dieselfde skoolgronde deel met jong kinders. Ek ken ook geen speletjie waar seuns mekaar penetreer……

Nina ·

Ek is seker stupid; maar wat de flok het Gr RR met als uit te waai?

VerVanRyn ·

Dit het baie daarmee te doen. As ‘n klomp tiener latte dit kon doen aan ‘n ander wat net ‘n paar jaar jonger is dink jouself net in wat sulke monsterkinders aan ‘n klein kind sal doen. Dis veiliger om die ouer kinders weg te hou om die jongeres te beskerm

pop ·

Daars darem nou snaakse speletjies ne?????Wonder waar leer hulle dit, dalk by die ouers.? Vra maar net.

Elize ·

Dit walg my,as daar gepraat word van seuns,hoekom se hulle nie swart ,wit of bruin seuns nie.As daar n plaasmoord gebeur is dit n man,is julle te bang om die ras te noem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.