Vier boere vas na verdagtes sterf

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Vier boere is in Parys in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat twee vermeende plaasaanvallers dood is.

ʼn Betroubare bron het aan Maroela Media gesê ʼn bejaarde man is Woensdagmiddag laat op sy plaas buite Parys aangeval. Die boer is glo met ʼn pistool teen die kop geslaan en het snywonde opgedoen. Die boer kon tydens ʼn stoeiery daarin slaag om ʼn paniekknoppie te druk waarna die aanvallers met leë hande gevlug het.

Die plaaslike veiligheidsstrukture is kort na die voorval in kennis gestel. Die verdagtes het glo deur ʼn koringland hardloop in die rigting van die N1. Die boere kon glo daarin slaag om die verdagtes vas te trek.

Die polisie het glo later hierna op die toneel opgedaag en die twee verdagtes vir mediese behandeling geneem. Die een verdagte is na wat verneem word dieselfde aand in ʼn hospitaal in Parys oorlede. Die ander verdagte is glo Donderdagoggend in ʼn hospitaal in Bloemfontein dood.

Volgens die bron is die vier boere Donderdagmiddag in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hulle het Vrydagoggend in die Parys-landdroshof verskyn. Hul borgaansoek is tot Dinsdag uitgestel vir verdere ondersoek en hulle bly in aanhouding.

Konst. Mosili Ntsika, ʼn woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, het aan Maroela Media gesê sy is bewus van die voorval, maar die Valke hanteer die saak verder. Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, kon egter geen verdere besonderhede oor die voorval verskaf nie, aangesien hulle dit nog nie van die polisie af ontvang het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

164 Kommentare

monique ·

Ongelooflik hoe die boere aan gekla word van moord maar dii verdagtes is dii wat eerste skade wou aanrig en dii boer beseer het

elize naude ·

kommentaar vêrder onder…
alhoewel nog geen infos voorlê nie…
geen mens het die reg om die reg in eie hande te neem nie…

Lou ·

Ek dink die manne het ‘n groot fout gemaak. Bid asb. dringend vir hulle en hulle gesinne.

Dee Frangipani ·

Skandelik dat jy op jou plaas aangeval word, jouself verdedig en dan gearresteer word omdat jy die verdagtes hulle eie medisyne toedien, siek siek siek man

Adele Olivier ·

Snaaks hoe van die verdagtes wat al hoeveel boere vermoor het nooit gevang word nie. of vinnig uitkom op borg.

Brenden ·

Wel so maar dit tel net in n land waar daar regte is. En in hierdie land lyk dit nie vir my of daar wel is nie? of sal jy se daar is?

Paul ·

Lou,
Die enigste fout wat die boere gemaak het, was om die polisie in kennis te stel.

Estelle ·

Die boere het almal n guns bewys en deur hulle aksie dalk verdere plaasaanvalle gestuit. Die volgende plaas aanval deur hierdie verdagtes kon dalk meer wreed gewees het. Snaaks dat wanneer plaasaanvallers vermoor word kry hulle soveel media dekking maar wat van elke liewe plaasfamilie wat in die verlede totaal en al uitgewus is. Waar is daardie verdagtes en hoekom is hulle nog nie vasgetrek nie.

Jana ·

Ek dink die boewe het gekry wat hul gesoek het. Hulle kom om te moor en wanneer hulle teenstand kry is hulle skielik slagoffers,nee iewers moet mens op jou eie regte staan.
Eers wanneer mens self in so aaklige situasie was weet jy dat mense soos die boere helde is en dat ons meer sulke dapper mense nodig het.

Johannes Hartslief ·

Ek stem saam daar ons was 2 maande trug aan geval en tot vandag toe het nog niemand uit gekom om die saak te ondersoek nie ons was net gelukkig ons honde het die wetters by gekom. My pa se arm is gebreek waar hulle hom raak geslaan het en ek het n hou teen die kop weg as dit nie vir ons honde was nie was ons seeker dood vandag. Presies n week na die voorval toe kom een van die wetters weer trug die keer met n vuur wapen die honde het hom goed gebyt en wat gebeur toe wil die poliesie ons aan kla omdat die hond die ou gebyt het plus hulle wou my honde uit laat sit het gelukkig my prokereur het hulle mooi op gevoeter. Lyk my ons as boere kan niks doen nie of ons is die skuldiges jy kan nie staat maak op die poliesie nie so my vraag is wat moet ons as boer doen om ons self te beveilig want ons is beslus tykens.

Walton ·

ek stem. al getuig die boer ook kom die aanvallers los. Hoekom net blanke boere word aangeval. wat soek hulle op ander se plase.

Herman ·

Die valke hanteer die saak!!! Maar as die boere vermoor word stuur hulle n onbevoegte konstabel…

Strandloper ·

Ja nee!! Tipies!! Ons boere mag maar uitgemoor word in hul duisende, maar word 2 SKELMS wat met wapens ‘n plaashuis betree het, dan word daar ‘n vreeslike bohaai gemaak as daar iets met die arme ou mensies gebeur! En soos jy se: nou is die VALKE betrokke!!? Waarom ondersoek die Valke nie AL DIE PLAASMOORDE NIE??

KT ·

Ja nou slaan jy die spyker op sy kop!!! Die boer se lewe maak vir hulle nie saak nie.

Mossie ·

“VALKE HANTEER DIE SAAK”Strandloper en almal rondom die valke kommentare hulle is ingeroep ja maar as n boer vermoor word gebeur niks julle is almal reg ek het eerste handse ondervinding daarvan . Ek was 8 maande gelede eerste op n plaasmoord toneel nie oor ek braaf is nie maar oor ek op n oproep van bekomerde kinders gaan kyk het ek was daar toe die “sapd”opgedaag het tot vandag 2016/01/09 het niemand maar niemand my eers gevra wat ek daar gekry het nie wat nog van n verklaring afgeneem het.Ek weet nie wat dit vir julle sê nie vir my sê dit daar word NIKS aan plaasmoorde gedoen nie

Joey ·

Dit was presies my eerste gedagte toe ek die berig lees. Van wanneer af ondersoek valke plaasaanvalle – seker is verkeerde ras hier oorlede.

Rian Fraser ·

Boere moet begin kyk wat is die konneksie tussen die aanvalle en poliesie daar word gebruik gemaak van R4 / R5 en vuurwapens wat weg raak by poliesie
stasies die vraag is is daar lede van die Poliesie wat dalk betrokke is by die aanvalle

walton ·

wat beteken ‘n boer ? absoluut niks nie. die staat gee niks om nie. Boere moet nou hul beskerm en iemand wat nie toestemming het nie en inbreek gee hom wat hom toekom. Hy sowek mos daarvoor. Dis hoogtyd dat ons boere nou iets doen . Die Valke moet die plaasmoorde ondersoek nie ‘n roekie konstabel nie. ek dink Steve Hofmeyer vir ‘n president sal nice wees

Gesiggie ·

Ja.. Monique stem saam?? Die boer was gelukkig om nie te seer te kry?? maar die Boerre is nou al by die tyd keelvol?? en sal wraak neem….. Gereg word nou maar in eie hande geneem?? want niks word gedoen aangaande die Plaas aanvalle en Moorde”” En jy sukkel nie met n Vrystaats se boer nie…. Hoop dat als sal goed uitwerk vir jul vier boerre?? Dit is tyd dat almal saam staan om mistaad te vermoed”’ Ja seker moet ons nie dood maak, maar kan dink watse wreedheid so n mens moet ervaar… deur een mens wat jou lewe wil verwoes”’ Sterkte aan jul boerre

F Castelyn ·

Ek stem saam, ek was ook deur iemand aangeval, en terug geslaan, en daar was gepoog om aanranding saak teen my the maak.

Steve Barns ·

So why are the Hawks called in?? Wait… my remarks might just be considered racist…

Berhalet Beukes ·

Ja… So word ons boere onophoudelik geteiken… En daar word niks gedoen om hulle te beveilig nie… Snaaks dat niemand ooit in hegtenis geneem word wanneer mense die reg in hulle eie hande neem in townships.

Strandloper ·

Ek stem saam met hierdie boere! Dis wat nou gedoen moet word met die plaasaanvallers!! Want word hulle in hegtenis geneem, word hulle maar net weer iewers op ‘n dag in die samelewing opgeneem!! Hierdie boere is nie moordenaars nie!! Hulle is AANGEVAL en mag nie kwaad geword het en in woede opgetree het nie! Ek skaar my BESLIS aan die kant van hierdie boere en bid vir hulle vrylating!

walton ·

baie dankie en ek stem saam met u. ‘n moordenaar is iemand wat iemand daar doodmaak maar die aanvallers was nie doodgemaak nie. hul was net mooi behandel

DPJ ·

Is daar oojt ‘n klatengelê deur boer wat aangeval is? Lees nerens daarvan in berig.

Theodeen ·

Ek glo nie wat ek lees nie, hoe flippen belaglik is dit net nie!!! Ja nee ons moet mos die misdadiger in nooi vir koek en tee, hom los dat hy sy gang gaan en as jy gelukkig is om te oorleef sy voete soen en dankbaar wees jy leef. Wat moet mens maak as die SAPD jou nie eers help nie, iewers moet mens begin opstaan. Maar nou ja dis Suid Afrika die…

Andre ·

Sterkte vir ons dapper boere!
Ondersoek gerus die gebruik van Zello, ‘n Selfoon toep/app wat soos ‘n twee rigting radio werk en dan ook terug gespeel kan word

vrystater ·

Die boere gemeenskap staan alleen en die wreedheid van plaasaanvalle neem net almeer toe die boere het nie n kans tensy hulle saamstaan nie. Hoeveel boere moet nog aangeval word en toekyk hoe hul geliefdes aan die genade van sulke wrede aanvallers oorgelaat word. Lewens word verwoes deur sulke gewetenlose skurke. Gee daardie boere eerder n medalje .

maritz ·

Nou wa is ons geliefde DA nou. Hulle kan n vrou laat aankla oor strond maar hulle se niks van die voorval nie . Ooo sorry dit gaan nie stemme werf nie .

Francois Peens ·

Dink bietjie hieraan. Aanvallers is woensdag laatmiddag aangekeer. Hoe lank daarna, het die polisie hulle na ñ (staat/privaat) hospitaal toe geneem? So eintlik was daar twee ander entiteite, wat onder staf of keelvol is vir verskye redes, wat dalk ook toegesluit moet word? Die aanvallers was nie D.O.A. gewees nie.

Johan Nel ·

Jy is reg ,het ook self daar oor gewonder ,hoe weet ons die Boere is inder daad regtig verantwoordelik vir die teroriste se dood ? Dalk is n derde party betrokke sodat die boere( die wat deesdae juis so mooi saam staan) afgeskrik word – deesdae weet mens nie meer wat om te glo nie ,wat wel deudelik is is dat ons blanke mense aangeval word deur boos doeners wat geen gewete het nie. ,,,,,,,,,,,,,,,Bid vir die Boere ,Ons verlossing kom van Bo

Steve ·

Dit is presies wat hulle wil hê as hulle sing ” Kill th Boer” en “Bring my machinegun” en dit nogal hooggeplaasde regerings amptenare!

frans ·

Ons moet almal.dop hou wat met hule gebeur en as hul gestraf word moet ons almal.saam staan en.die land lam.le ons moet nie die boere nou vergeet ni

Henri ·

vertel ons hoe ons dit gaan doen, dink ons moet dit nou al doen, waarom wag vir die uitslag, dit kan jare vat?

Trolle ·

Frans ek stem saam met jou daar,weet nie of ons dit sal kan regkry om die land lam te le nie,maar ons kan probeer, ons kan hulle nie net so los nie.
Sal maar sien of ons weer iets hoor van die saak,as ons ander kant toe gaan kyk as hulle in tronk moet bly dan moet ons maar vergaan,want ons mense is net elkeen vir hom self en wie kan die mooiste kar ry en huis he. Jammer as daar spelvoute is.

frik ·

Is dit waar dat nog 20 boere toegesluit is by die hofverrigtonge?

Nico Strydom ·

Dagsê Frik
Dit is ‘n bewering wat op Facebook sirkuleer. Die bronne waarmee Maroela Media gepraat het, wat self by die hof was, ontken dit.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

annie rowers ·

Laat ek maar liewer nie kommentaar hierop lewer nie,ek mag dalk iets se wat my in die pekel gaan beland.

Kobus ·

Nogsteeds in aanhouding. As dit nou een van hulle was en moord gepleeg het, dan was hulle dieselfde dag nog uit op borg van R500……

Gismo ·

Ek hoop die Parys gemeenskap vat vir al die gearristeerde boere in die selle heerlike kos oor die naweek! Staan saam!

Jimmy Meyer ·

Daar is te min inligting om as buitestaander/ nie-ooggetuie te oordeel. Maar, indien die skelms wel nie uit selfverdiging beseer is nie, maar uit woede, dan het die boere nou moord op hul gewete. Een misdaad regverdig nie nog een nie. Ons verwag profesionaliteit van die ” plaaslike veiligheidsstrukture”.

Piet Snot ·

Jimmy, jy’s helaas reg.
Optrede soos hierdie kan ook deur die rassistiese regering misbruik word om “plaaslike veiligheidstrukture” te verbied. Mens moet dink voor jy doen.

Chris W ·

My bybel se duidelik ‘n oog vir oog en ‘n tand vir ‘n tand.Waarom moet ons boere stil staan soos slagskape??

Jaco Grobler ·

Ek stem Jimmy. Verbasend hoe mense eenvoudig net die landswette ignoreer waneer dit hulle behaag. Volgens die berig was die 2 aanvallers skuldig aan aanranding, maar so ook die boere, as ons self wil besluit op wie wetgewing van toepassing is en wie nie, hoekom dit dan enigsins navolg en ander daartoe hou? Nee mense, tree op, maar binne jou regte en die landswette. Chris W, die Bybel sê wel oog vir ‘n oog, maar die ‘oog’ word geneem deur die regstelsel wat God daargestel soos in Eksodus 18, die stelling bedoel die straf moet die misdaad gelyk wees, en beslis nie dat ons as landsburgers en sy kinders die reg het om self te besluit, oordeel en straf nie.

Jaco Badenhorst ·

Hierdie is presies dieselfde gedagte wat by my opgekom het. Buurtwagte en Plaaswagte is siviele organisasies, en better gevaarlike grond wanneer verdagtes hardhandig hanteer word. Of hulle dit verdien of nie is ne tersprake nie. Dit klink dalk onrgverdig, maar jy maak jouself vir baie Groot moeilikheid oop op die manier.

Piet Snot ·

Chris, my hart stem met jou saam.
My verstand sê egter iets anders.
As ons die rassistiese regering ‘n stok gee om ons mee te slaan, sal hulle. Hulle het nou rede om beveiligingstrukture te “ondersoek” met die oog om dit te verbied. Want “julle pleeg moord sodra julle ‘n swartman in ‘n koringland vang”.
As dít verbied is, watter afskrikmiddel kan die boere dan beskerm?

Dee ·

Beveiligingstrukture hoef nie amptelik gesetel te wees nie. Dit kan bestaan bloot uit ‘n groep wat gekontak kan word vir hulp indien nodig. En as dit nie amptelik is nie, hoe op aarde kan dit verbied word,

Plaasmeisie ·

Hoe is dit moontlik dat buitestanders wat glo wat koerante se so maklik kan oordeel as hulle nie eers weet wat regtig daardie aand gebeur het nie!!!

Hannes Coezrr ·

Indien al die kriminele in die tronk beland, wie gaan betaal vir hul aan housing? Daar sal n paar honderde duisende na omgesien moet word en met wie se geld? Indien die skobbejakke bewapen was, kon dit miskien al uitrek wees. n President moet gesteel word om toekomstige aanvaller n ideë te gee waaroor hul hulle in laat.

I Groenewald ·

Die aanvallers word feitlik nooit aangekla van moord nie – wat word van die boere verwag? Wanneer jou kinders deur so aanval is, sal verstaan word waarom reg in eie hande geneem word.

Sydney Edwards ·

Stilbly is ook ‘n antwoord. Ons vertrou dat daai boere gou vry gelaat sal word en die saak teen hulle terug getrek word.

Steve ·

Die boere kan die hooggeplaasde amptenare se opsweep liedjies as veweer vir die plaasmoorde gebruik. Hulle moet hulle families kan beskerm teen barbaarse gruweldade. Dit is elke mens se reg.

Anton Schmidt ·

Hoekom borgtog geweier is slaan my stom, die boere is nie n risiko nie. Nou moet hulle plase ook leegstaan tot Dinsdag sodat daar wraak anvalle deur hulle mense gereel kan word?

Winston ·

Wat van n verdedigings fonds vir boere wat arresteer word na aanvalle? Vir die aanstelling van goeie regsverteenwoordiging?

Hennie Terblanche ·

Mens kan ernstig beseer word as jy deur ‘n koringland hardloop….hulle moes net gestap het, dan het hulle nog gelewe. Hoop regtig nie hulle dink die boere sou hulle beseer het nie!

Bach ·

Ek is te bang om iets te se want gister het ek in ‘n ander geval die woord wittes gebruik en gevra hoekom skop die DA nie ‘n lawaai op nie. Toe word my kommentaar nie geplaas nie! Ek wil vir Grensvegter se Gerrie Nel verdien nie jou kommentaar nie want hy is een vd min bekwames wat nog by die NVG oor is.

Regverdig ·

Hulle sal maak dat die polisie gladnie ingeroep word nie ………………

Andre ·

Ek is jou eens. Dis hoe dit in die townships gedoen word met groot sukses. Maar soos altyd is daar dubelle standaarde en die boere het adresse wat lastig is.

casper ·

ja wel die polisie doen in elkgeval niks dis hoekom dit gaan soos dit gaan.

elizabeth ·

Ons ken net ten dele..ek hoop daar is n uitweg en antwoord vir hierdie boere wat al breekpunt bereik het en daagliks in die steek gelaat word deur ons regering en polisie..
Maar My volk is slapgat..ons het papbroekig geraak..week in die kniee..ons sal staan en toekyk hoe hierdie boere veroordeel en gelooi gaan word deur die unies..regering..media..internasionaal..ens ongeag die gebeure wat aanleiding hiertoe gegee het. Ons kan nou maar netnie saamstaan en ondersteun nie.
Wat het van ons geword? wat het hierdie barbare en kommuniste aan ons veggees gedoen om ons so te laat swyg en ander pad te kyk? Ek bid vir geregtigheid en sal aanhou bid dat ons sal wakker word om weer trots te staan..hierdie is tekens vir ons om saam te verenig..maar wil ons?
Sterkte vd boere en hul families.

SA ondersteuner ·

Gee vir ons die oplossing…..hoe staan ons saam…wat moet ons doen? Dis maklik om te sê ons is slapgat en staan nie saam nie….hoe doen ons dit? Klim ons almal in ons karre en ry Parys toe of na elke plaas toe waar daar n aanval was….hou op om te se ons staan nie saam nie, want in al daai gevalle is daar mense wat saamstaan.

Regverdig ·

Hulle sal veroorsaak dat die polisie gladnie meer ingeroep word nie ……………..

Noord Vrystaater ·

Het enige iemand meer inligting, soos wie die oom is wat aangeval is en wie inhegtenis geneem is? Bid asseblief vir die mense en help waar julle ook al kan. Die boere kry swaar met die droogte en het nie geld vir duur hofsake nie! Help asseblief?

Corra Wessels ·

Maroela Media, kan jul asb die post afhaal van Johan Wessels, my man. Gedink doen iets goed maar volgens reaksie wat ons ontvang het van die mense wat ons probeer help het, stel ons nie belang om verder betrokke te wees nie

Mariné Lourens ·

Dagsê Corra

Ons het die kommentaar verwyder soos versoek.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Regverdig ·

Ai Hennie, ek het nou soooo lekker gelag vir jou kommentaar…………Kom ons glo dar die boere gou weer tuis sal wees, love die boere!!!!!!!!!

Andre ·

not sure how to say without calling names, but WE should go and free this 4 boere so they may go home, they took a choice and risk to enter a home they shouldnt , it was their” job” risk to get caught by other farmers , not acceptble they are locked up

pietie ·

frans, ek stem samm jou, ons moet nie vergeet van daai boere nie, ek dink dis tyd om saam te staan, en afriforum te vra vir ondersteuning dat ons wettig in ons honderde dinsdag van buur dorpe opdaag in parys. ons praat net altyd, nou toe kom ons doen dit wettig, en staan saam. eks 174km van parys af.

cherise ·

dit maak my so di hel in.hul kom in jo huis…wat soek hul da…om jo te verneder jo seer te maak en nog te moor ok.maar hul sal weg kom met dit.staan jy op vi wat joune is en om jo mense en jouself te beskerm dan gan sit jy in di tronk.so gatvol vi SA al wat my nog hie hou is my ouers anders het ek my gesin gevat en lankal in amerika gan bly.my tannie was ok nou di dag an geval.ha slap gat man het dood gespeel terwyl hulle ha met lewendige drade op ha kaal rug geskok het hul het ha rond getrek an ha hare en n swaar bed op ha gesit terwyl sy vas gebind was en ni onder bed kon uit kom ni.hul het als gevat.en hul loop nog los.my oupa hul en al di groot ou boere sou di land reg geruk het di klomp misdadigers sou wee soos lammetjies gewees het.

Anita ·

Ek is stomgeslaan!!?? Kom ons beskerm die moordenaars ? Watter boodskap stuur dit aan die samelewing? In watter land word jou hamd afgekap as jy steel en hoeveel voorvalle van diefstal is daar ? Ek dink ons aanvaar net die landswette onverpoos. Staan op en doen iets, almal saam!

Kaspaas ·

Maar natuurlik sal die boere in hegtenis geneem word kriminele het meer regte as hulle slagoffers en as dit by plaas moorde kom waaraan die regering nie iets wil doen nie nog meer regte. Net n vraag hanteer die valke alle moorde, ek dink nie so, net nog n bewys wie die regering as eintlikke slagoffers sien

Flippie ·

Volgens die regering het die 4 boere die onnoemlike sonde gepleeg deur volkshelde wat in die uitvoering van ‘n edele plig te dood.

Die regering sal nou sy plig teenoor hierdie helde moet nakom deur hierdie ouens mededoënloos en genadeloos te vervolg.

Johan hoewe ·

Hulle het verdagtes aan Sap oorhandig kla polisoelede aan verdagtes het dan nog gelewe

R. Eaton ·

Dis nou waar die Parys gemeenskap moet saam staan en in massas na die selle gaan en aandring op dadelike borg. En as geweier word dan maak hul groot amok buite die selle. Ongelukkig sal ons wit mense dit nie doen. Te gefokus op ons eie lewens. Tyd het gekom om aksie te neem. Dit raak al amper te laat. Waar is afriforum ens om dadelik boere by staan.

vermeende ·

Die enigste waaraan die boere skuldig is, is misdaadvoorkoming.

Arie ·

Die anc sit agter die plaasaanvalle en dit sal nooit ophou solank hulle aan bewind is nie en hulle is wragtig groter rassiste as die Np, Awb, en Hnp saam

wilma ·

So hul kan ons boere Moor en aanrand maar sodra ons wil terug baklei Dan is ons verkeerd Dan is ons die een wat verkeerd is nie hul nie. Ek stem dit is hoogtyd dat ons moet saam staan . Dink en bid Vir ons boere

Ekke ·

Weet julle wat ons sit hier met wat 54 kommentare ons almal (EK OOK) sit net en praar en praat en praat …….. dit is tyd om ons monde te hou en ons hande uit te steek en iers te doen

Erika ·

Ekke-weet jy dat dit vir my so snaaks is, as jy van saamstaan praat en mekaar help. Dit gebeur baie min, dit kan ek vir jou se. Ons as Afrikaners kan nie saamstem nie. Dit is al oor en oor bewys. Ons eie mense is in nood-hulp nodig om te werk-omdat BEE nie ons mense wil he nie, en die ander mense nie hul medemens wil/kan help nie. Vra iemand n brood kry jy n klip-vra hom vir n dak oor sy kop, soos buite-kamer, karavaan, sit jy in n shelter. Vra jy om van plek A tot plek B gehelp te word met vervoer met betaling, word jy ge-ignoreer. Hier in SA gaan dit oor: wat is daar vir my in die deal- of wat gaan ek ontvang as ek iets goeds doen. Newsflash! Jy gaan goed voel, jy gaan lekker slaap-onthou net een ding- moet nooit se dit kan nie met jou gebeur nie.

Sarie ·

Sien nou op TV Zuma sê weer die grond is gesteel. Hierdie saak moet na die hof gevat word en hy moet dit bewys. Tot dan is dit haatspraak met ondertone van rassisme

Erika ·

Wat vir my baie snaaks is, is dat die ANC en Regering aanmerkings kan maak en wegkom daarmee. As ons President n aanmerking maak, lag almal daaroor en hy homself lag oor sy eie grappies. As die EFF leier aanmerkings maak, word hy nie reggehelp nie, en kan hy sy vryheid van spraak oral in die wereld uitbasuin. Ons as blankes het geen vryheid van spraak nie, dan word jy as n rasis geidentifiseer. Dit is hoekom die minderheidsgroep in SA so kwaad word en gefrustreerd raak, want al ons voorregte word weggevat, en ons het amper geen reg meer nie. Die VN se menseregte -se dit nie dat daar teen n minderheidsgroep in enige land nie gediskrimineer mag word nie. Duidelik gebeur dit nie hier in SA nie

Erika Groenewald ·

Dit is vir my ook baie snaaks, dat die boere vir die moorde aangekla word, hoe weet ons wat aangegaan het-as boere baie ernstig aangerand en vermoor word, is die Valke nie naby die ondersoek nie, as misdadigers op hete trap betrap word en wit boere/mense verdedig hulself word die Valke ingeroep. WAAR IS DIT REGVERDIG!! Die boere veg vir oorlewing om vir ons land kos te gee en vir hulself n inkomste te gunereer-misdadigers rand hul aan om ernstig te beseer, en skiet/slaan/ryp/brand die boere dood-en die minimum word gedoen om die skuldiges aan die pen te ry. In SA het die misdadigers meer regte as die gewone mens/boer op straat.

Johan ·

Mense ons word sistematies uitgemoor. Hulle Moor n’ on skuldig man op n’ kampus in pta. Hulle val boere aan, roof en Moor en verkrag ons families maar ons sit nog steeds stil in ons lekker huise. more is dit dalk ek of jy of een van ons geliefdes. ek is Dinsdag daar. Dinge gaan elkgeval net erger word. kan julle dink as daar hongersnood in die land is, dan gaan ons hul ware kleure sien. Zim x 2.

Mike de Beer ·

As die “slagoffers” nie ‘n boer se plek wederregtelik betree het nie sou hulle nie vandag “slagoffers” of dood gewees het nie. Hulle het met kwade bedoelings gekom, ‘n ou boer aangerand en nou het hulle ‘n prys betaal wat hulle nie voorsien het nie. Sterkte vir die boere.

Gerhardt ·

Helaas, is jy heeltemal korrek Koevoet. Die Valke is nogal ingeroep, vadertjie tog.

Gerhardt ·

Die berig onstel my so, ek voel skoon siek. Afriforum moet nou my ledegeld gebruik, nou dadelik!

Tienie ·

Indien Afriforum nie gaan help nie kanselleer ek lidmaatskap en nooit sal ek weer vir hulle bydra nie. Ek vertrou daar is regspanne wat bereid sal wees om hulle te help

Bach ·

Afriforum sal help want niemand anders sal nie. Maar hulle het nie onbeperkte fondse nie en werf eerder lede as om te dreig om te bedank. Hulle help al op soveel gebiede.

Rudi ·

Mooi so Maroela Madia. My kommentaar word verwyder en die oorspronklike berig word verander. Skielik is beide persone net na hospitale verwyder. Komaan….hoe onafhanklik is julle. Ons boere word vermoor en julle verander dit soos dit julle pas

Nico Strydom ·

Dagsê Rudi
Die berig is geensins gewysig nie.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Moeder Steyn ·

Johan Hoewe slaan die spyker op sy kop: die boere het die verdagtes lewendig aan die polisie oorgegee. Wie is getuies van wat daarna gebeur het met die verdagtes? Ek is nie ‘n advokaat nie, maar my logika is in topgear. Kan dit dalk as verweer aangevoer word in ‘n hof?

Charles Phillips ·

Die valke is op die verkeerde spoor. Dis nie die Boere se skuld dat Hulle dood is nie – dis die staatshospitale! Staatshospitale is dodelik gevaarlik. Geen mens kan lewend daar uitkom nie, veral nie uit die in Bloemfontein nie. Miskien, dalk, net Miskien sal die voorval weer die fokus laat val op die toestand van ons staatshospitale.

ig ·

Tienie,jy laat my dink aan mense wat lid is van Solidariteit, droog maak in die werksituasie, hulle werk verloor en dan die unie blameer en dan sy lidmaatskap kanseleer.Ek glo Afriforum sal doen wat nodig is.Die 4 boere moet medaljes kry.

Riaan ·

Ek stem, waar is Afriforum? Ek bly nie meer in SA nie maar ek betaal nogsteeds sodat hulle kan opstaan vir die Boere ens. Ek weet nie of dit gaan werk nie maar ek ken n joernalis hier by ons en gaan hom vra of hulle n storie in die nuus kan sit oor plaasaanvalle ens hier by ons en dalk kry dit aandag van die nodige mense hier om in te tree. Daar was sanksies ingebring teen SA in die apartheidjare en ek sou hoop dat ander regerings nou ook iets te se het, maar hulle weet nie daarvan nie. Dalk net dalk sal so artikel hulle bewusmaak.

Zani ·

Die vrouens en kinders sit nou alleen en kwesbaar by die huis alleen en boerdery staan stil. Watse verweer sal vrou alleen teen plaasanvallers he.

Rose ·

Wat sou gebeur het as die boet nie daarin geslaag het om weg te kom nie? Dan was hy dalk nou dood? Nee wat ek se ook genoeg is genoeg…. Niemand staan op vir die boere nie, en dis duidelik dat die wet ook nie aan hul kant is nie. So moet hulle maar na hul self kyk. Saam staan is al wat hul kan doen. Dis regtig om van naar te word as mens sien hoe vinnig die boere vas gevat is maar hoe min hul om gee of die plaas aanvallers wat mense martel en wreedaardig vermoor nog op vrye voet is. Ek twyfel of hulle ooit gevang word deur die polisie. Deesdae hoor mens meer hoe die gemeenskap saam staan om die mense aan te keer. Polisie is min gepla.

danie myburgh ·

Dit is n absolute skande. Sulke toestande beproef selfbeheersing tot breekpunt. Die boere het net met misdaadvoorkoming gehelp. Maar ongelukkig moet mens net versigtig wees. Bid vir die vier en hulle gesinne.

Martie ·

Hierdie aanvalle is n vorm van terrorism’s, ongetwyfeld. Wat is die internationale wet now teen terroriste. Die boere moet dit weet en hulle self verdedig. Terrorists moet doodgeskiet \gemaak word in selfveedediging. Geen polisie is benodig nie. Polisie word dood gemaak deur die kriminele en daarom bly hulle liewer in die stasies, Plaas om te patroleer.

Jimmy ·

Ek sou niks minder as daai 4.boere gedoen het nie. As.jy naby my gesin kom, betaal jou prys….. As jy nie hoor.nie, SAL JY VOEL!!! Mane sorry vir die.manier waarop.dit.uigedraai het, maar weet jy wat
..jou kind sal eendag weet wat dit.is om.iemand lief te he met.jou lewe!!! DIS EINTLIK HOE ONS.BOERE NOG.ALTYD WAS!!!!!

Jurie Bender ·

Dis baie moeilik om kommentaar te lewer as jy nie al die feite het nie. Ja, die boere mag n fout gemaak het maar ek weet as ek kwaad is stop ek nie voor die ander ou le nie. Die vrae wat antwoorde nodig het; 1) Hoe lank het polisie gevat om daar te kom. 2) Het die polisie of die ambulans die kriminele van die toneel verwyder. 3 )Is hulle dalk verder aangerand na hulle van die toneel verwyder is. 4) Is hulle dalk in die hospitaal uitgesit sodat hulle nie kan se wie is agter die aanvalle nie. Voel regtig jammer vir die boere en almal betrokke. Dis alles die anc se skuld, want hulle praat die aanvalle goed. Waar is die DA (anc lite) noudat zuma se ons het die grond gesteel. Hy moet die banke aanvat want dis dan seker hulle wat die grond gesteel het. Elke boere wat ek ken betaal die bank vir sy grond.

Lani ·

Dit is presies wat vout is met die land die meerderheid kan maak en breuk nes hul wil, maar sodra die minderheid in opstand kom dans die eweskielik n groot storie, maar ag shame die arme plaasaanvallers het ook n reg om te lewe. En wat van die boere mag hulle nie n reg he om te lewe nie. Dit was nog altyd die afrikaanse nasie se probleem. Ons hou ons monde en draai die ander wang, dit sal nie stop tot ons opstaan vir ons taal en reg om te bestaan

Marett ·

Ai tog. Dis dan ‘n geval van of ek of jy, die een wat eerste skiet bly leef. Moet die boere dan nou vrywillig staan om dood geskiet te word. Hoe op aarde kan ‘n krimineel meer regte as ‘n onskuldige mens hê!!??

Marianne ·

HOU NOU OP!!!! Here help ons asseblief! Ons diere vrek – die oestes mislik – finansies kreupel ons… ALLES IS TEEN ONS… Gun ons tenninste ons lewens sodat ons in vrede wonder vrees kan sukkel. Wanneer sal genoeg genoeg wees???? As ander kan saam staan om ‘n punt te bewys – waarom mag die boere nie saam staan en veg vir hulle regret nie? ??

herman ·

Ons het nog baie te leer tov. “revenge’ en dies meer. Gaan leer gerus by die “squatters” hoe hulle dit doen. Hulle sal nooit die polisie inroep en vir hulle wys wie die weerwraak gedoen het of wie die wraaknemers is nie. Ons is nog baie dom tov. hoe dit in Afrika werk.

Oom Piet ·

Dink en doen voorkomend. Inteligente mense wat saamwerk om hul naastes en besittings te verweer teen bewese wreedaardige aanvallers, moet vooraf opgelei word hoe ieder en elk moet dink, doen en saamwerk en bowenal moet bekhou veral op die lug, om alger skotvry en sonder enige aantygings of vervolging anderkant uit te kom. Ja, hulle moes vooraf verwerend gedink en opgetree het deur onteenseglike/onweerlegbare bewyse waarin elke gevangde (skuld erkenend) skoon en ongeskonde aan die polisie oorhandig was en die klagstaat vasbindend geopen en opvolgend spoedig afgehandel was. Staak aanhitsing.

Magrietha ·

Gaan die vier boere in draadhokke deur die strate geparadeer word? Hulle is mos wit en het geen reg op selfverdediging nie en is ongewens in die land.

A ·

Is die oorledenes se vingerafdrukke geneem om hulle moontlik te verbind met ander plaasaanvalle of misdaadtonele? Dit sal help om die ware prentjie te vorm. Soveel mense op plase vermoor…. hierdie het leë hande gevlug nadat hulle die ou man met n pistool teen die kop geslaan het en hy toe terugbaklei het. Baie van ons ouer boere en vrouens is nie in staat om terug te baklei teen sterk aanvallers nie en word gemartel tot hulle kry waarvoor hulle gekom het…. wapens. Hierdie 2 sou dalk net aangegaan het na die volgende plaas as hulle nie geleer was nie. Watter een van die boere wat kom help het om hulle aan te keer sou dalk vandag in die nuus wees…. boer vermoor, brou verkrag en vermink voor kinders…. vermeende aanvallers vlug met wapens, selfone en R100…. dit is die rede waarom boere saamstaan as so iets gebeur…. jy weet nie wanneer is jy volgende een waaroor die nuusberig gaan wees nie.

Rosa ·

Dit maak my bloed kook….hulle was daar om lewens te neem….dan sou daar net gese gewees he…shame ons meegevoel…..maar nou dat hulle oorleef het nou word hulle toegesluit….dit is sad….

Louis ·

Ons moet kyk waar ons die boere kan ondersteun. Hulle gaan ons hulp nodig kry.

Thessa ·

Hoekom nou so aangaan die boewe het onwettiglik hul grond be tree. Hulle eerste seer gemaak en toe hul terug baklei is dit verkeerd. Da is so veel plaas Moorde jy hoor nooit dat da iets gedoen word om die bere te help of dat hulle gevang is nie. Die land van ons moet regtig begin kyk om almal dieselfde te hanteer want almal met iets te se maar die saak is dat ons nie gelyk gesien word. Sterk staan boere. ..

Liewe lulu ·

Ek het myself al gesien hoe SAP lede op n toneel kom en oorvat en self oorvat waar die victims opgehou slaan het neem hul oor en slaan self die wit waks uit die skelms Was dit nie dalk die geval hier nie. Wonder maar net

Johannes Meintjes ·

‘n Uiterste en betreurenswaardige getuienis en aaklag teen die versuim van die Regering, SAPS en gemeenskappe om reg, geregtigheid en orde in SA te handhaaf! Nou moet die burgers op grondvlak die gelag op hierdie wyse betaal? Nee-ah SA!

Magriet ·

Dis vreeslik ek wens ook net die mense wil begin saam staan.Ek wonder wat hulle sal doen as daar hongersnood is hulle wat elke aand so lekker pap eet dit is immers nogsteeds hulle stapel voedsel.Dis waar min mense weet wat gaan aan ek wil graag n berig plaas een skryf oor die plaasmoorde verkragting ens maar weet ni waar om dit te plaas.Die boere was reg want op ander plekke word gereg in eie hande te neem om die misdadiger se huis af te brand word half dood gslaan n dan word die na die polisie geneem en niemand word in hegtines gneem nie nou dat dit boere is mense vir wie ons eindlik moet dankie se hulle help waar ons kan veral nou met die droogte is dit n helse issue word hulle sommer gearresteer mmar die klomp het nog gelewe dis waar hulle moet kyk na die staatshospitale as hulle goeie diens gehad het sou hulle gelewe het.Mense ons kan nie meer so aangaan nie almal praat van n future vir ons kinders waar is dit dis weg en niemand doen iets omtrent dit nie en dis hartseer.Wens net mense wil begin saamstaan wakker skrik en besef dat as hulle nie nou saam staan nie gaan hulle binnekort niks he geen mooi huise en karre en luxeries nie niks dan praat ek van almal want daar is baie wat gatvol is vir die president maar o togie tog dis die president ons kan nie opstaan teen hom nie maar dink as almal wil saamstaan soos toe ons saamgstaan het met die storie van Zuma must fall sal dit werk hulle blowe en blowe maar niks kom van enige iets nie.En as ons op ons knee gaan begin gaan en bid en hulp vra sal ons hulp kry want net Hy kan ons help sonder Hom is ons heeltemal verlore.

Adele ·

Ek is van Parys. Toe ek van die storie gehoor het, was ek woedend! Hoe gaan die boere OOIT in SA vir hulle self kan opstaan as hulle van moord aangekla word deur hulle lande en besittings te beskerm? Nog 20 ander boere is ook inhegtenis geneem na hulle by die hof opgedaag het en as ‘mede pligteges’ gesien is. Waar gaan dit eindig???

pjkruger ·

Onthou daars oorlog teen ons. Ons sal moet opkommadeer. Daar is geen ander uitweg dan om onsself te beskerm.

Danie Kok ·

Hierdie dinge wat nou gebeur is alles Apartheid se skuld – die AFWESIGHEID van Apartheid…

Fanie ·

Ek glo Riaan het ‘n baie goeie plan om buitelandse joernaliste te kry om hierdie land se minderheidsgroep se dilemma te verkondig aan die hele wêreld. Ek hoop dit gebeur spoedig en dat die VN die Arrogante ANC tot aanspreeklikheid roep.
Kan ons eie Joernaliste nie ook help om die onregmatige gebeure aan die wêreld oop te lê nie?
Wat van julle, Maroela Media?
Dit moes al lankal gedoen gewees het!!!

Johan Lourens ·

Ons groor probleem isdit:-
Jy kan nie ‘n saak teen die duiwel maak as die hooggeregshof in DIE HEL is nie.

Knieë toe Suid Afrika!!!!!!!!

Dirk ·

Mooi so boere,ek staan al die pad saam met julle.Sterkte vir julle..

Melissa ·

Die poplisie se die valke hanteer die saak, maar die valke se hul wag nog vir die polisie om die besonderhede aan hul te verskaf? So wie hanteer Dan eintlik die saak? Niemand nie?

Helena ·

As die arme oomie nie los gekom het om die paniek knoppie te druk nie, het hulle hom tien teen een vermoor. Maar die boere mag nie aan die arme kriminele raak nie, nou is hulle kriminele!?! Dit is so verkeerd! Dit is hoekom dit so gaan in hierdie land en soveel boere daagliks vermoor word.

Frans ·

Kyk ‘n mens na polisieoptrede ,lees bv die berig op News24 -‘I was jailed for filming a police
assault’ wat die ervaring beskryf van ‘n man van Kaapstad wat ‘n polisie arrestasie probeer verfilm het en toe self in die polisieselle beland het, en jy sal besef dat daar ‘n sterk moontlikheid is dat kragdadige polisieoptrede ‘n bydraende faktor kan wees aan die verdagtes se dood.

Joe ·

Hierdie plaasaanvalle is dade van terorisme! Daar gaan moet oorlog verklaar word teen terorisme en alle faksies wat op enige manier die teroriste bystaan, moet as vyand gesien word, wie hulle ookal mag wees. In die geskiedenis van die mensdom kon geen groep wat nie n bedreiging vir hulle behoud kon sien en saam staan daarteen nie oorleef nie. Die wat nie die bedreiging (plaas en stedelike terorisme, BEE, affirmative action en eensydige wette) sien nie is blind of Liberalisties en ondersteun dus die blanke uitwissings program!

banna ·

Die boere het n reg tot selfverdediging. Want as hulle nie vir hulself opstaan nie wie sal. Ons slapgat usless SAP. Ons word wreed vermoor daagliks. Waar is die sogenaamde Valke dan. My opinie roei die gemors uit wat jou en jou gesin wil skade berokken.

BOERVROU ·

RIAAN asb die NUUS MOET JY VIR ONS VERDER DAAR LAAT GAAN. DANKI BY VOORBAAT.

Dirk ·

Ons wil n’ groot groep mense bymekaar kry ter ondersteuning van die 4 mans… Ons gaan n’ optog hou voor die hof met die oog dat die regering kan sien dat ons ontevrede is met die verwikkeling van sake en die moord op blankes in Suid Afrika.

Jammer Dirk ·

Dirk , diê MENSE WIL Nie betrokke raak nie, Sal DIT eerder van ‘n kantlyn bekyk , was nog Altyd so!! VRA vir Enige persoon wat Al optogte probeer reël het……

H&M4J! ·

Wit mense pluk n lat vir hulle eie gat. Ons dink ons kan net praat van swart mense hoe ons wil en waar ons wil. Al ooit gestop en dink dat daar slegte wit mense is net soos daar slegte swart mense is? Daar is goeie swart mense net soos daar goeie wit mense ook is. Wie is ons as mense om lewe en dood in ons eie hande te vat. Die boere tree almal baie rasisties op dis hoekom daar sulke goed gebeur. Ons almal is veronderstel om na Jesus te roep in sulke situasies maar nee ons probeer self god speel. Eendag gaan jy in die hemel sit met wit mense, swart mense, chinese mense, italiaaners ens…gaan jy dan se nee dankie want ek meng nie met swart mense nie???dink net bietjie voor jy iets doen. Die bybel se wat jy saai sal jy maai. Hul het moord gepleeg en nou moet hulle betaal.PUNT! Al was dit uit woede uit, die daad is gedoen

se net ·

Self verdedig…… wat is daar meer om te se..
BAKLEI TERUG BOERE
n dooie kan nie getuig nie…
Hul kom in ons huise, maak ons mense dood sonder enige genade..
Ons lewe in vrees, dit is dalk tyd dat die wiel nou draai en hul vir hulle lewe vrees…

Jacobus ·

Ons sal moet wag dat die reg sy loop neem en ‘n bevinding gemaak word oor wat in hierdie geval gebeur het. Ek wil egter graag die volgende algemene opmerkings maak:
1. Dit is veragtelik dat die twee oorledenes die ou man aangerand het.
2. Dit is goed dat die betrokke boere verdagtes aangekeer het.
3. Dit is ‘n misdaad om verdagtes wat jy aangekeer het so aan te rand dat hulle sterf.
4. Dit is ongelooflik dat daar mense is wat in 2016 dit probeer goedpraat dat mense “reg” in eie hande neem in so mate dat hulle mense se dood veroorsaak. Die verdagtes moes bloot aan die Polisie oorhandig word.

Gerhard ·

Hulle het die oom aan gerand met die opset om hom dood te maak net soos hulle met die ander boere gemaak het en as hulle dit reg gekry het om die oom dood te maak wat dan en van watter gereg praat jy die Polisie die valke gaan nie eers uit na plaas aanvalle nie dit word soos baie misdade onder die mat in gevee soos dit hulle pas nee is dit die Plisie wat jy gaan bel ……dink weer.

walton ·

Dankie Gerhard ek stem 100% saam jou. ‘n boer is net nog ‘n nommer vir die aanvallers

sarie van heerden ·

Die boere word gekritiseer omdat hul hardhandig tewerk gegaan het met die een wat die boer aangeval het. Wat moes die boere gedoen het toe hul die oortreder vastrek? Geneem het vir koekies en tee?

Pietie ·

Ja, dit is seker wat die aanvallers op die Boer se plaas kom soek het.

Simpatiseerde ·

Dit maak nie sin nie. Was net die vier boere betrokke by die optreede om die twee gewapende aanvallers aan te keer? Indien nie, hoekom is hulle vier aangekla, waar is die res van die mense wat betrokke was? En wie het dan die vier boere uitgewys as die skuldiges? Ek hoop regtig ek is verkeerd en dat dit tog nie weer ‘n geval is, waar een boer teen ‘n ander getuig om sy bas te red nie.
Ondersteun asseblief Afriforum en mag so veel moontlik van ons hulle skakel en versoek om te help met die verdediging van die manne.
Stel jou in die manne se skoene, hier staan die aanvallers van jou pa of oom of goeie gerespekteerde. Vriend voor jou, wat sal jy maak temidde van omstandighede?
Al kom die manne dalk na baie spanning los, gaan hierdie aanklagte hulle heel moontlik finasieel vernittig , so die gevolg gaan moontlik wees dat SA nog vier boere gaan verloor.
Die manne het hulp nog, nie simpatie nie!

Dewald ·

Menige male hoor jy van die SAP self wat ook die gereg in eie hande neem. Wie se nie hulle is self weer skuldig aan aanranding self nie, en nou word die boere ge blameer. Komaan mense. Did tyd vir saamstaan.

retha ·

dit is pateties flip wat van die onskuldige Boer?? Het by nou gevra dat dit Moes gebeur met hom!?
die Bybel se n oor vir n oor en n t and vir n t and… ek is self 4 jaar terug in my ouer huis aan geval en amper dood en ek kry tot vandag nagmerries, en ek wens tot vdag toe ek kan daai man’s in die hande kry!!!!

*My kommentaar * ·

Kan ons die Boere bevry en hulle dalk oor die grens vat ? Dis Al wat nou Gaan gelp!!!!!

Lin ·

Ek WIL net graag ‘n punt uit wys !! Hierdie is nou ‘n Goeie voorbeeld OOR Hoekom EK NOOIT Sal stem Vir die doodstraf nie. ONS land is so korrup op die oomblik ,dat INDIEN HULLE die 4 BOERE sou skuldig bevind ,Hulle so vinnig die doodstraf opgelè Sal word ……en Dit was nog ALTYD my siening die afgelope Paar jaar , MOENIE stem VIR die doodstraf Nie mense !! Kyk hoe vinnig KAN dinge Draai in ‘n oogwink ! ONS Mense is Voos ,en siek en sat VIR Al die plaasmoorde, en aanvalle oral wat gebeur, dat ons absoluut NIE net die ‘gereg’ MEER Wil betrek nie , VIR redes wat ooglopend net ELKE dag gesien word .Ek wonder of die Oom MAAR net weer ‘n statiek sou gewees het ,as Hy nie so vinnig Hulp Gekry Het nie. Polisie is net DAAR vir die Skelms !!

Ronnie ·

As boerseun bid ek vir julle boere en dink dit het tyd geword dat ons sosiale media gebruik om ons standpunt te stel……wereldwydt. Dit is sommer loutere twak hierdie dat die land ten gronde gaan weens baatsug en onbevoegdheid terwyl alle bevoegdhede beskikbaar is hier op ons voorstoep. Ons het vir die land betaal via ruilhandel…….Piet Retief en menige ander leiers. Huidiglik word ons stelselmatig uitgemergel. Alle burgers van die land, swart tot wit, moet begin opstaan vir wat REG EN BILLIK is teenoor almal. As ons vir NIKS staan nie kan ons ook vir enige twak VAL.

Willem ·

Ons moet almal ry en die vrylating van hierdie boere gaan eis! Sommer ook maak soos die ander mense in hierdie land en die hofgebou afbrand…

Marlien ·

Ons boere word op die wreedste manier vermoor. Onskuldige vrouens en kinders word verkrag en dood gemaak. En die skuldiges kom weg daarmee. Hulle gaan nog terug om klaar te maak waarmee hulle begin het. En dan moet ons boere weg kyk en dit in die reg se hande los. Het hulle vir een oomblik gedink dat ons gaan trug staan sodat hulle ons kan uitwis. Ek sou dieselfde gedoen het. Ek sal my familie beskerm teen sulke varke as ek moet.

Adriaan ·

Mooi kerels mooi! Uiteindelik ‘n paar boere wat ruggraat het. Dis al wat gaan werk, vat die gereg in julle eie hande! Die polissie is verby pateties, hulle is gou om arrestasies te maak as so iets gebeur maar waar is die klomp useless losers om dit te stop? Ek hoop dit gebeur sommer nog baie. Laat weet as daar ‘n petissielys is of iets wat ons moet teken. Die polissie is eintlik die oorsaak van al die probleme in die land.

Anru ·

Ek is self n boer in die vrystaat en wil net vir die mense se ons is op die regte pad,ons reaksie tye tot sulke aanvalle is uitstekend,en met die diens wat ons van die polisie kry….wil ek net se die boere moet slimmer en skerper optree in sulke gevalle.manipuleer die reg en wet tot ons eie veiligheid…

Amber ·

Mense, dis n sensitiewe saak hierdie. Dankie vir almal se kommentare, ek het nou lekker gelees en nogal wyser geword na almal se insette.

Hester ·

Wat my geweldig kwel, is die feit dat die aanvallers se familie en of vriende/ondersteuners, ook nie nou gaan agteroorsit nie….! Hoe veilig is die beseerde ou Oom nou eintlik? Tweedens: hoe veilig is die ander boere in daardie spesifieke omgewing, ten spyte van hulle onskuld? Dis oor en oor bewys dat hulle trawante of mede-“goedkeurders” van hierdie plaasaanvalle, nou erger as ooit gaan toeslaan….en glad nie sal skroom om terug te gaan vir nog meer amok nie. En die ironie van hulle selfversekerde arrogansie, laat hulle JUIS teruggaan vir verwronge weerwraak oor hulle maters nou oorlede is…..Dis n nimmereindigende kringloop….Daardie arme boere (selfs die wat nie in aanhouding of betrokke was nie) is duidelik ook nou sagte teikens. Waar gaan dit eindig?? Kry die boere nie swaar genoeg in hierdie droogte-geteisterde omstandighede nie? Geen wonder dat boere sporadies (landswyd) selfmoord pleeg nie….EK VOEL SKOON SIEK…oplossings blyk n nul-prognose te wees soos ons land tans “regeer” (eerder verinneweer) word.

Marietjie ·

Mag God hierdie boere beskerm. Manne wat niks minder as reg gedoen het nie.

Rina Scheepers ·

Jacobus
Jy weet nie wat regtig aangaan nie. Die polisie hou hulle vir n par ure en laat hulle weer vry net om weer en weer onskuldige boere aan te val. n bose kringloop. Hulle het in die eerste plek “REG in eie hande geneem om na die plaas te gaan en die boer aan te val.

Jaco de Beer ·

Aan almal wat die land wil lamlê. Dit gaan nie werk nie. Land is lankal lam vanweë onbekwame politici. Ons moet maar net prober saamstaan. Sterkte aan die 4 Boere.

walton ·

net n vraag aan Elize Naude.. u se geen mens het die reg om gereg in jou eie hande te neem nie. Hul het gesoek en gekry wat hul teegekom het. wie het hulle die reg gegee om die boer aan te val. soos die gesegte se : don’t do to others that you don’t want to be done to yourself. Mooi gedaan boere dat jul nog die liefde het vir ons eie medemens

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.