Vier brand dood in botsing

Foto: ER24

Vier mense het doodgebrand toe hulle in ʼn bakkie vasgekeer was ná ʼn botsing met ʼn vragmotor in KwaZulu-Natal.

Die botsing het Dinsdagaand naby die R603- en R624-kruising buite Eston, suid van Camperdown, plaasgevind, het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, gesê.

“ER24 se paramedici het 18:46, kort ná die brandweer, op die toneel aangekom. Die bakkie en vragmotor het in die middel van die pad gestaan en was aan die brand.”

Volgens Campbell was die vier insittendes van die bakkie vasgekeer en het hulle onherkenbaar verkool.

Die bestuurder van die vragmotor het ernstige beserings opgedoen en is deur ander nooddienste behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

“Die presiese oorsaak van die gru-ongeluk is nog onbekend, maar die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.”

Foto: ER24

In ʼn afsonderlike voorval is ʼn vrou, vermoedelik in haar vroeë twintigs, dood toe ʼn bakkie ʼn bees getref en teen ʼn wal afgerol het op die R612 buite Donnybrook.

Volgens Campbell het die ander drie insittendes ligte tot matige beserings opgedoen en is hulle na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere behandeling.

Die bees is ook in die ongeluk dood. Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ek wonder ·

Ek wonder of die eienaar van die bees nou vir moord aangekla gaan word. Mens is reeds jou lewe nie seker op die pad met ander motors nie nou kom groot en klein vee nog by. Dit is baie hartseer. Baie sterkte aan die familie.

Frank ·

Dit raak al hoe groter probleem oral in die platteland. Daar sal daadwerklike wetgewing moet kom om die eienaars te vervolg. Al is dit ook nou om al sy beeste te vat om te help met die skadevergoedingseis. Huidiglik gebeur NIKS. Goed loop orals los, meestal sonder ‘n oppasser.

Hennie ·

Nooit gesien nie die eienaar van die bees gaan nou n saak maak teen die vrou se familie omdat sy die bees dood gery het dis mos hoe dit werk in die land

KaterinaKat ·

Hierdie land se paaie is n absolute slagveld. The Road of Death. Elke publieke pad in Suid Afrika. Daar gaan nie n dag nou verby wat mens nie hoor van dodelike en grusame ongelukke nie.
Soms as ek Maroela lees, van al die pad ongelukke, al die moord en doodslag, al die haat en korrupsie, die komende grond diefstal ens voel dit vir my: We are rushing towards some “critical mass” point. Like some apocalyptic thunderstorm building up over us. To unleash hell on Earth.

Amelia ·

Hierdie ongeluk het 4 mense weggeruk van hulle families, gesinne en kinders. Ek hoop en bid dat die SAPS hulle werk in die saak uitstekend sal doen. En indien die trokbestuurder wel (soos gese word) ‘n onpadwaardige voertuig te vinnig bestuur het en glad nie aan ‘n stop / aansluitingsteken gehoor gegee het nie, maar liewer gespring het om moeilikheid te voorkom – mag ons regstelsel in SA hom nie faal nie. Dit is hartverskeurend om te dink dat minderjarige kinders uit ‘n skool gehaal moet word en vertel moet word pappa is oorlede. Sterkte aan almal betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.