Vier dán in hof vir NW-plaasaanval

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die vier verdagtes, wat in hegtenis geneem is nadat ʼn boer en sy vrou Dinsdagoggend op ʼn plaas tussen Koster en Derby in Noordwes oorval is, verskyn binnekort in die hof.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes, almal tussen 27 en 28 jaar oud, moet Vrydag in die Koster-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof en besit van gesteelde eiendom.

Makau het gesê die vier is Woensdag in die Lethabong-township in hegtenis geneem terwyl die polisie roetine voertuigdeursoekings gedoen het. Van die items wat tydens die aanval gesteel is, is glo in hul besit gevind en die polisie het daarop beslag gelê.

Maroela Media het vroeër berig die 70-jarige boer is Dinsdag omstreeks 07:15 buite sy huis oorval toe hy op pad was om na sy beeste om te sien. Die verdagtes, wat almal balaklawas gedra het, het sy hande vasgebind en hom teruggesleep huis toe. Hulle het sy vrou ook vasgebind voordat hulle die egpaar van drie vuurwapens, juweliersware, ʼn kamera, drie selfone en ʼn onbevestigde bedrag kontant beroof en op die vlug geslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize ·

Ek hoop dat daar ook n paar boere in opstand sal kom voor die hof soos nou by die ‘jagongeluk’

AL ·

Ek stem! Ek bly in n veilige omgewing, maar kan my nie wegdraai van die plaasmoorde nie. Dis ons almal se probleem, nie net die slagoffers nie!

Ronel ·

Presies wt ek gedink het! O ja. Ons vergeet. Dit gaan as ‘n rassistiese daad beskou word as wit mense by swart emnse se verhoor gaan betoog. Anders om bestaan daai woord mos nie. Ek hoop die boere ruk in hul hordes op na daai hof. Ek bly net te ver, anders was ek daar met my plakkaat en stampende voete!

o ·

Aanklagte van ‘gewapende roof en besit van gesteelde eiendom’? Wat van MOORD?

Sê net ·

O, in hierdie geval sal nie ‘n aanklag van moord wees nie want die slagoffers lewe nog

Johann ·

Klag van POGING TOT MOORD kan bygevoeg word, uitstekende diens aan al die betrokkenes wie gehelp het met die ARRESTASIES

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.