Vier deur gemeenskap met klippe doodgegooi, gebrand

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans is Donderdag dood toe inwoners van die Everest informele nedersetting in Springs aan die Oos-Rand hulle met klippe bestook en aan die brand gesteek het.

Kapt. Johannes Rampora, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vier mans was na bewering gewapen en het in die informele nedersetting op die inwoners losgebrand. “Die inwoners het kwaad geraak en die vier mans bestorm wat probeer weghardloop het,” het hy gesê.

Nadat inwoners twee van die skieters gevang het, het hulle die mans met klippe bestook en aan die brand gesteek. Hulle is op die toneel dood. Intussen het nog ʼn groep inwoners die ander twee skieters tot by ʼn aangrensende nedersetting gejaag waar hulle ook gevang en met klippe doodgegooi is.

Ses van die inwoners is tydens die skietery gewond en moes hospitaal toe geneem word.

“Die polisie is nog besig met die ondersoek en dit is nog nie duidelik waarom hierdie mans op die inwoners geskiet het of hoekom hulle deur die gemeenskap doodgemaak is nie,” het Rampora gesê. Hy het gesê ʼn saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Karolis ·

Oral begin die gemeenskappe vir hulself sorg, wie anders?

Johann ·

Barbare sal barbare bly, die bybel se die mens sonder die gees van God is soos n redelose dier van die veld (Judas 1) n wit gewaste sog draai om en rol weer in die modder, n hond keer terug na sy uitbraaksel toe. So pasop voor ou jou verlustig en verheerlik

Manie ·

Dit is klein maar dit is die begin van ‘n onafwendbare revolusie!
Die gemeenskappe raak al hoe meer gefrustreerd met die swak leierskap en armoede wat niks aan gedoen word nie Intussen leef hulle Leiers soos koning en hulle soos verstote gepeupel wat net goed genoeg is vir kruisies trek.

CHRISTA ·

Wys jou: ons polisie is so dof soos ons president!! As dit nie vir hulle duidelik is hoekom die gemeenskap hierdie vier doodgemaak het nie, weet ek nie WAT dit vir hulle (die polisie) DUIDELIK sal maak nie!! Moet mens vir hulle ‘n prentjie teken (dit moet seker ook ingekleur word anders sal hulle DIT nie eers kan verstaan nie)!! Genade – DIS die mense wat ons veilig moet hou!! WAT ‘N RAMP!!! Nou kan julle verstaan waarom daar net wet en orde in ons land is nie!!

Trolle ·

Goeie punt wat jy daar het Christa, terug skool banke toe met hulle.
Baie goeie nuus daai 4 kon daarna 4 boere doodgemaak het, nou gaan mens seker nooit weer hoor van die saak nie.

Jef ·

Wat die inwoners onderneem het teen die vier is goed roei die gespuis uit maar wat ek nou nie verstaan nie is, die polisie is besig met ondersoek wat ondersoek, die vier is opgeruim en daar is die kous mee af gedane sake geen keer nie.
En dan n saak van moord tot poging tot moord teen wie, die ses inwoners wat nou in die hospitaal behandel word, moes alle inwoners maar stilstaan en se gaan julle gang maar nee ek dink hulle gaan se julle mag nie die reg in eie hande neem nie en daar word die arme mense voor bestraf.en ja wet en orde is baie ver te soek in SA.

Jan ·

Zuma en sy bende weet nie wat is wet en orde nie.Wat gee hulle om hulle word 24/7 beskerm wys jou hoe bang is hulle

Andre ·

Duidelik dat die duiwel los is agv die swak bestuur van die land. Gauteng is ook nie meer die Gangsters Paradise nie. Die gevaar is tans dat eerbare mense met wrok wrede gadagtes rondloop!

Rudi ·

n Eerbare mens met wrok wrede gedagtes? Dis ‘n vreemde stelling. My opsomming van SA. Daar is die wat nie ‘n hel omgee oor die natuur of sy naaste nie. Hul sal ‘n persoon verbrand en self sy eie familie dood maak omdat hy kwaad en boos is. Daar is niks goeds in hom nie. Soms kom hy goed voor as hy iemand verbrand wat na hom skiet. Dan is daar die loues wat net uitgespoeg moet word. En dan is daar die mense wat VEG vir geregtigheid. Bereid is om die swaard op te neem vir geregtigheid. Hul is skaars en dis die helde met balls

Cilliers ·

Vir wat nog tyd mors met ‘n ondersoek? Gee die klipgooiers elkeen ‘n medalje (en so onderlangs nog ‘n klip)!

R. Eaton ·

Wonder wat sou gebeur het as n paar wit mans vier swart mans met klippe dood gooi en dan uitbrand? Al was hul skuldig . Wonder maar net. Seker internasionale nuus gewees. #dubbelestandaarde

Peet Schabort ·

Gaan lees by “Community ‘burns nine thugs to death’ on East Rand/News24” om die hele prentjie te kry wat aanleiding gegee het tot hierdie optrede van die gemeenskap.

Charlene ·

Die berig sê dis onduidelik hoekom die gemeenskap hulle (die boewe) dood gemaak het maar wat moes die mense doen??? Ag hier is ons skiet maar dood. Jammer ek is seker koud en dalk bietjie hartloos maar wat het hulle verwag. Die meeste polisie beskerm ons nie ons moet dit maar self doen en dis wat die mense gedoen het. Hulle het hulle-self teen barbara beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.