Vier deur polisie doodgeskiet

Foto: SAPD

Die polisie in Gauteng het vroeg Donderdagoggend vier onwettige mynwerkers tydens ʼn skietgeveg aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes en lede van die Ekurhuleni-metropolisie is vroegoggend na ʼn veld in die Boksburg-omgewing ontbied nadat hul inligting ontvang het oor springstof wat glo na die gebied vervoer sou word.

“’n Skietgeveg het tussen die beamptes en die onwettige mynwerkers uitgebreek. Vier onwettige mynwerkers is doodgeskiet en 15 is in hegtenis geneem.” Volgens Dlamini sal die verdagtes van poging tot moord, die besit van onwettige vuurwapen en ammunisie aangekla word. Die verdagtes is glo almal van Lesotho en kan ook aangekla word in verband met die Immigrasiewet.

Volgens Dlamini word geregtelike doodsondersoeke gedoen. ʼn Lid van die Ekurhuleni-metropolisie is tydens die skietgeveg in die gesig gewond en is in die hospitaal opgeneem vir behandeling.

Foto: SAPD

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in ʼn veld langs Barry Maraisweg in Dawnpark plaasgevind. “Paramedici van ER24 en ander nooddienste het omstreeks 6:35 op die toneel aangekom en is in die veld ingelei waar die gewondes aangetref is.”

Volgens Meiring is ʼn man met verskeie skietwonde aangetref en is op die toneel dood verklaar. “Paramedici is verder in die veld ingelei waar nog gewondes gevind is. Drie mans is ook met skietwonde aangetref en is op die toneel dood verklaar.”

Meiring het gesê nog twee mans is ondersoek. “Een van die mans was in ʼn kritieke toestand terwyl die ander man net matige beserings opgedoen het.” Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg.

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Shaun ·

Nee glad nie . Die pistool is n 7,65 wat nie deur enige magte gebruik word nie . Die geweer is n Protecta 12 boor haelgeweer wat weereens glad nie deur enige van die Suid Afrikaanse magte gebruik word nie .

Dalene de Vente ·

Dagsê

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Tanya Kruger ·

Waar op hierdie aarde kry die booswigte ‘n aanvalsgeweer??? Ek weet eintlik wat die antwoord is, maar nou ja…

Mike Stander ·

Waar sien jy n ‘aanvalsgeweer’..? As ek my golf stok gebruik om iemand aan te val, raak dit dan a “aanvalsgolfstok”..?

Geluk ·

Die polisie moet ongelukkig streng begin optree, kyk die tipe wapens wat gebruik word, dis nie meer kinderspeletjies nie. Veg vuur met vuur .. SA kan nie deur misdadigers gevange gehou word nie. Deporteer onwettige immigrante, dis hulle wat moeilikheid maak en vlug.

Theresa ·

Die gewonde misdadigers verbeur hul “reg” op hospitaaldienste. Sommer nonsense dat hul so bederf word met aanry na ‘n hospital. As hul nie kwaad gedoen het nie, was hul nie geskiet nie.

Gys ·

Die Protekta 12 Boor is nie n aanvals geweer nie. Dit is n semi – auto healgeweer wat enige iemand voor lisensie kan aansoek doen as jy n dedikate status het.

Shaun ·

Hi Gys . Die Prorecta is n pompaksie haelgeweer. Die Striker ( wat net so lyk ) , is n semi auto . Hy het n sleutel op sy drom magasyn wat jy opwen . Dan vuur hy semi auto . Die Protecta haal jy oor deur die voorste greep te roteer . Daarom klas hy as n pompaksie

Chris Ws ·

Dis hoogtyd dat gewapende kriminele uitgehaal word.Om die goed toetesluit kos baie geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.