Vier dood, 11 beseer toe taxi rol

Foto: ER24

Vier mense is dood en 11 ander beseer toe die taxi waarmee hulle gereis het, gerol het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdagaand sowat 10 km buite Kathu in die Noord-Kaap op die N14 plaasgevind.

Volgens haar het paramedici van ER24 omstreeks 17:30 by die toneel opgedaag en verskeie mense aangetref wat tydens die voorval uit die taxi geslinger is.

“Vier volwassenes is deur ander nooddienste op die toneel dood verklaar. Een kritiek beseerde is deur ER24 na die Kuruman-hospitaal gehaas. Twee ander insittendes wat matige beserings opgedoen het, is deur ander nooddienste na die hospitaal vervoer,” het Siddall gesê.

Die omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Dis die probleem met taxis. Dat mense nie hulself kan vasgesordel nie, en dan tydens ‘n ongeluk uit die taxi geslinger word. Ongelukkig is dit vir sommige al vervoer wat hulle het.

Muffin ·

Ek ken die pad Kuruman Kathu baie goed. Al ry jy watter spoed dit is nog te stadig vir die taxies. Hulle moet verby. Agter op n taxie is daar n plakker wat wys 100. Ek wonder wat beteken die plakker. Hopelik nie maksimum passasiers nie.

Taxi na Soweto ·

Maar van TAXIS mag ons niks se nie dan is ons rassisties . laat hulle maar aanploeter. Lewens wat verloor word is maar ‘n gegewe in ‘n wettelose society ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.