Vier mense is dood en nog 12 beseer nadat ʼn taxi en ʼn bus Donderdagoggend in Howick, KwaZulu-Natal gebots het.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van ER24 het omstreeks 06:00 by die toneel aangekom. Daar het hulle vier mense aangetref wat in die voorkant van die taxi vasgevang was met nog drie mense wat agter in die taxi gesit het.
Paramedici van ʼn ander ambulansdiens was toe reeds besig om ander pasiënte te behandel.
“Vier mense is op die toneel dood verklaar terwyl ʼn verdere 12 passasiers geringe tot ernstige beserings opgedoen het,” het Van Huyssteen gesê. Die beseerdes is met ambulanse na ʼn hospitaal geneem.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Al twee vortuie is tog groot genoeg om raak te sien. Het nie ‘n bril nodig om te sien nie.
Hoe gebeur so ‘n ongluk dan????
Swak bestuurders en nie werklik n ernstigheid om taxi bestuurders vas te vat nie. Taxi’s hoef nie veiligheidsgordels te hê nie want dit sal aantal passasiers beperk maar gewone motoriste word beboet as jy nie n gordel aan het nie.
Geen respek of nakoming van padreëls nie en willose owerheid. Resultaat verskeie taxi ongelukke afgelope week.