Vier dood, 13 beseer toe voertuie bots

Die ongeluk het hewige verkeersopeenhopings tot gevolg gehad. Foto: RTMC

Vier mense is dood en nog 13 beseer toe ʼn minibustaxi en ʼn sportnutsvoertuig Maandagoggend op die N3 naby Spruitview in Ekurhuleni gebots het.

Die Padverkeerbestuurkorporasie (RTMC) het gesê die ongeluk het op die N3-Noord gebeur, maar die snelweg is in albei rigtings vir verkeer gesluit terwyl owerhede op die toneel besig is. Die snelweg is tussen die Leondale-afrit en Heidelberg-afrit gesluit wat hewige verkeersopeenhopings tot gevolg het.

Die RTMC het motoriste versoek om as alternatiewe roete via Phumula by die N3 aan te sluit.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê die wrakke van albei voertuie staan steeds in die middel van die pad en owerhede is besig om die toneel op te ruim. Daar word ook ondersoek ingestel na die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dirk ·

Minibus Taxi,dis die oorsaak.Ek het al op daai pad gery en hulle gee net nie om hoe hulle ry nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.