Vier dood, 15 beseer in gru-ongeluk

Vier dood, vyftien beseer in gru-ongeluk in Mpumalanga (Foto: ER24)

Vier mense is dood en vyftien ander beseer in ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn minibustaxi op die R555 buite Verena in Mpumalanga.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê die ongeluk het Maandagmiddag plaasgevind.

Volgens Vermaak is twee insittendes van die motor en twee insittendes van die minibustaxi op die toneel dood verklaar.

Volgens hom het die 15 beseerdes in die taxi slegs matige beserings opgedoen.

“Die oorgrote meerderheid van die insittendes was in die wrak vasgekeer, en moes deur plaaslike reddingsdienste bevry word. Toe hulle uit die wrak bevry is, het paramedici hulle ondersoek en behandel,” sê hy.

Die beseerdes is na ʼn hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie. Die saak word deur die polisie ondersoek.

Vier dood, vyftien beseer in gru-ongeluk in Mpumalanga (Foto: ER24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

snoefie ·

die slagtings duur voort terwyl duisende kilometers spoorlyn lê en roes en stuk stuk gesteel en vir skroot verkwansel word. viva anc!

Spike ·

Al hoe meer kop aan kop. Ek was die naweek Clarens toe, enkelpad vir +-100km. Kar van voor ry in my baan dat ek van die pad moes gaan. Sit op sy selfoon en tik, weet nie eers of hy weet dat ek daar was nie, en ons doen 100km/h. Selfone is grootste oorsaak van meeste van die ongelukke. Iets moet gedoen word.

Jack Russl ·

Daardie ongeluk lyk nie soos ‘n kop aan kop nie. Kyk na die ander voertuig. Dit lyk of dit aan die kant getref is.

Alida ·

Daar is niks om te ondersoek nie. As daar ‘n taxi betrokke is weet hulle mos wie die skuldige een is. Die lisensies word aan enige een verkoop en walla daar ry hulle.

Juan ·

Dir was nie n kop aan kop botsing nie. Die motor het n U draai reg voor die taxi gedoen.

CBRTA ·

Die (plaaslike) Taxi bedryf word nie ordentlik gereguleer nie. Hulle stop jou vir ‘n liggie wat nie brand nie, maar die onpadwaardige taxis wat alle verkeersreels verontagsaam word geignoreer. Dit is een ding om in die stad te ry hoe jy wil, op die grootpad haal jou onverskilligheid en die feit dat jy met ‘n onpadwaardige voertuig mense vervoer jou in. Tensy die Dept van Vervoer taxis begin reguleer, gaan die probleem eerder groter as beter word.

Chris Ws ·

Nog ‘n kop teen kop botsing waarby ‘n minibus taxi by betrokke is en dit in perfekte sig toestande.Hoe gebeur dit?Onbevoegde bestuurders in beheer van ‘n voertuig dis hoe!
WAAR is die minister van vervoer se ingryping nou?Het ons so iemand in die land of is daar net ‘n naam toegeken aan die’ portefeulje??WORD NET WAKKER ANC!

Veronica ·

Dit is n gru ongeluk beslis . . . hemel ek het lanklaas n voertuig so verfrommel gesien
Sterkte aan die betrokke mense!
Wat my opval is die Coke Cola bordjie of plaat of naambord by voertuig . . . kan iemand dit verklaar?

My mening ·

Dit lyk of dit dalk n branded cooler box kan wees. Ek mag verkeerd wees. Maar ja, dis beslis n gru ongeluk. Sjoe!

Vry hand ·

Mense ry woes..ons was die naweek op die pad..ons agter 2 trokke gery..baie rustig en ons spoed gehou..een agter ons in n motor het by 3 plekke verby ons gesteek..geen benul van aankomende verkeer..2de verbysteek was amper kop aan kop met n trok van voor af..ek het so gegil en skoon lam geword..was dit nie vir die trok bestuurder wat kant toe beweeg het sal dit n afskuwelike ongeluk gewees het reg voor ons oè..mense dink nie..dit is pedal op die medal en gee nie n hel om vir ander mense se veiligheid op die pad nie..ons is maar een van die mense wat rustig ry..ons spoed hou..en ons oe op die pad hou..ons selfone word in die paneel kissie gesit..ons antwoord nie ons fone as dit lui terwyl ons bestuur nie..ook nie as n passasier nie..4 oè op die pad

MM ·

PLAAS MOORDE – PLAAS MOORDE – MEER OP DIE VOORBLAAIE SODAT MENSE MEER BEWUS DAARVAN IS – DAAR MOET IETS AANGEDOEN WORD – DIE ONGELUKKE JAMMER MAAR SPOED EN ONPADVAARDIGE VOERTUIE MOET MEESTE VAN DIE SKULD KRY – EN NET HULLE KAN SELF DAARAAN IETS DOEN – PLAAS MOORDE DOODSTRAF ASB.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.