Vier dood, 2 kritiek in gru-botsing op N1

Die gru-toneel. (Foto: Netcare 911)

Vier mense is dood en twee is in ’n kritieke toestand ná ’n botsing Sondagoggend tussen verskeie voertuie op die N1-snelweg tussen die Grasmere-tolhek en die N12 in die rigting van Johannesburg.

Verskeie vragmotors, motors, taxi’s asook ’n bus was in die voorval betrokke.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare, het gesê paramedici is net na 08:00 na die toneel ontbied waar vier mense noodlottige beserings opgedoen het.

Twee mense het ernstige beserings in die botsing opgedoen terwyl 20 ander geringe tot matige beserings opgedoen het. Die beseerdes is per ambulans na nabygeleë hospitale gehaas.

Motoriste op die toneel het gesê die botsing is moontlik veroorsaak deur rook of mis wat sig belemmer het, het Herbst bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

As ek die wrakke so kyk wil dit voorkom of spoed ‘n bydraende rol gespeel het! Tragiese.

Skilpadtjie ·

Innige meegevoel aan almal wat iemand in die botsing verloor het. Baie sterkte ook aan beseerdes met die herstelpad. Dit is kommerwekkend hoe motoriste ten spyte van digte mis en/of rook steeds jaag en sonder ligte ry.

Nettie ·

@Skilpadtjie – praat jy die reine waarheid, nou.

Die eerste lekker winter-reëns het in die Noord Boland streek vannag/vanoggend geval. Oppad werk toe, kry ek omtrent so 8 voertuie, rigting De Doorns – vier van hulle (o.m. een groot swaarvoertuig), het in digte reën en swak sig, GEEN LIGTE aan nie. Hulle reken seker: as ek jóú kan sien, moet jy mý ook kan sien, so ligte is onnodig. En dit so om en by 07:30 in die oggend.

Jaco ·

Chris.
Jy praat daar so waar met baie baie wysheid en ek is 1 van DAARDIE wat wel aanhou ry (baie stadiger maar hou wel aan) maar na vandag wat ek gelees het wat j geskryf het is my siensweise baie verander.
Dankie vir j inset en Godelike wysheid

Lee ann Barney ·

Gert from wierdapark were you there to say that speed played a role? I honestly think or actually believe that people should not say anything or make assumptions about things that they know nothing about or about situations that they were or are not part of?

CHAPPIES ·

Jys VERKEERD Lee ann Barney…dit ÍS NALATIGE en onverskillige bestuur MÉT SPOED daarby,áltyd…!!!

Zutimo ·

Nee en Gert en Chappies – Ek was daar – die voertuie het stil gestaan in die mis toe 2 vragmotors nie betyds kon rem nie en toe in almal in gery het

Lee ann Barney ·

Thankyou.zutimo someone with sense leaving a sensible comment

Lee ann Barney ·

Thankyou.zutimo someone with sense leaving a sensible comment

CHAPPIES ·

STEEDS nog nalatig en onverskillig om in mis,sonder sigbare reflektors te wees, dink jy nie, Zutimo???? En sekerlik het die vragmotors nie 20km/ph beweeg nie…??

CHAPPIES ·

STEEDS nog nalatig en onverskillig om in mis,sonder sigbare reflektors te wees, dink jy nie, Zutimo???? En sekerlik het die vragmotors nie 20km/ph beweeg in DIGTE MIS nie…??

San ·

My pa het my geleer dat jy nie net moet stop in digte mis of rook nie, maar stadiger met noodligte aan moet ry. Persoon agter jou kan nie sien as jy net stop nie. Baie tragies.

Ina ·

Ek sou dink n mens kani net stop. Hou aan Baie stadig en beweeg Meer na geelstreep of op grond selfs as jy wil stilhou

Nettie ·

@San, my Pa het my ook geleer bestuur – en gesê mens stop ALTYD ten minste só dat jy die “tyres” van die voertuig voor jou op die pad kan sien. En as dit rook/mis is, LIGTE AAN – as jy moet stop, sit jou “hazards” aan en motor in neutraal, handrem OP – blý rem trap, sodat die ou agter jou jou kan SIEN ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.