Vier dood, 20 beseer in kettingbotsing

Die ongelukstoneel. Foto: Twitter

Die ongelukstoneel. Foto: Twitter

Vier mense is dood en 22 beseer in ʼn botsing waarby 13 voertuie betrokke was op die R59 op die Vaalrivierbrug.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê nege motors, drie minibustaxi’s en ʼn vragmotor was in die botsing betrokke. Volgens Rossouw is vier mense op die toneel dood verklaar.

“Een persoon was in een van die voertuie vasgekeer en is kritiek beseer. Nog ʼn persoon het kritieke beserings opgedoen terwyl 20 mense lig tot matige beserings opgedoen het.” Volgens Rossouw het ER24 drie pasiënte op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Rossouw het gesê ʼn veldbrand langs die pad het moontlik die botsing veroorsaak weens min sigbaarheid. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Ja, ek was nie daar maar sou die veldbrand wel die ongeluk veroorsaak het dan is dit by verre die veiligste om stil te hou as om letterlik blindelings in die rook in te ry en dan uit te vind dat jy absoluut niks kan sien, rem te trap en sodoende die kettingbotsing te begin.
Ek het verskeie kere al stilgehou en toegekyk hoe motoriste volspoed in die rook verdwyn.
Sterkte aan almal betrokke by die ongeluk.

Piet ·

Ek was self ook jare terug in so siuasie gewees waar ek saam my vrou en kinders is so veldbrand was waar jy niks kon sien nie. Ons het ook gestop binne die rook oor mens niks kon sien nie en dis baie senutergend. Uiteinde was dat mens ongelukkig aoorgante pad gebruikers kry wat hul glad nie steer aan die gevaar nie en doodluiters in die gevaar ingery het en ons reg van voor gestamp en nadat die rook weg is en dit veilig was om te kon uitklim het die andewr voertuig geheel en al uit sy baan oor gekom in ons aankomende kant en my gestamp. Van toe af het ons die grootste vrees as ons in die verte ‘n brand en rookwolk sien en ry ek geensins meer deur dit nie. Beter om te wag en veilig te wees

Yolanda Holtshausen ·

Om te begin moet ek meer deel my skoonpa is een van die wat nie gelukkig was om lewendig daar uit te kom nie. Dis hartseer om te weet dat veldbrande talle mens se geliefdes van hul ontneem en met die hartseer agter laat. Dink in die geval waar so erge veldbrande toe neem moet hul die pad afsper vir motor voertuie, so weet mens jy kom veilige deur die rook en brande. Sterkte aan die ander geliefdes wat ook nie oorleef het, en wat beserings op genoeg het. My innige simpatie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.