Vier dood, 20 beseer toe voertuig omslaan

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Vier vroue is dood en vyf kinders in ʼn kritieke toestand toe die bakkie waarin hulle gery het Vrydagaand op die N14 naby Upington in die Noord-Kaap omgeslaan het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het kort voor middernag sowat 100 km buite Olifantshoek in die rigting van Upington gebeur. “Paramedici het talle mense op die toneel aangetref wat oor die pad geslinger is toe ʼn bakkie en sleepwa omgeslaan het,” het Vermaak gesê.

Vier vroue is op slag dood en 15 ander volwassenes het matige tot ernstige beserings opgedoen. “Vyf kinders, almal tussen die ouderdomme van een maand en 11 maande, was in ʼn kritieke toestand. Hulle het veelvuldige beserings opgedoen – onder meer gebreekte bene en kopbeserings,” het Vermaak gesê.

Die meeste van beseerdes is na die Upington- provinsiale hospitaal gehaas. Die bestuurder van die bakkie, wat ook ernstig beseer is, is na die Mediclinic Upington geneem.

Volgens Vermaak is die oorsaak van die ongeluk nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Fransie ·

Tragies, maar goeie genade, daar was darem maar vreeslik baie mense op EEN bakkie!!!

Uys ·

Was 20mense in een bakkie???
Oorlaai met n sleepwa ook nog.
Wonder hoeveel omkoopgeld het die bestuurder reeds betaal voor die ongeluk?

CHRISTA ·

Die oorsaak van die ongeluk is voordiehandliggend!!! Die bakkie was OORLAAI!!! HALLO?? Moet ‘n mens eers ‘n prentjie teken (en seker inkleur) voordat hulle dit kan raaksien?!!

Kobus ·

Was dit nou n boer wat sy plaaswerkers vervoer het, was hy alreeds in die tronk

PJ ·

Ag toe Kobus. Wees jy eerder dankbaar jy hoef nie so desperaat vir vervoer te wees nie!

AJ ·

PJ reels is reels.Maak nie saak hoe desperaat jy is nie.Die bakkie was oorlaai.Stem saam met Kobus was dit n Boer dan was hy in die tronk.Vat daardie drywer se lesensie semier af.

PJ ·

Natuurlik is daar reels..verstaan dit…maar mense is dood en onskuldige kinders het baie seergekry..dis nie die plek of tyd om dit weereens in ‘n rasse argument te verander nie. Die drywer behoort vervolg te word, stem heeltemal saam want dis hy wat die armes uitbuit en in gevaar stel.

Helene Heyns ·

Ek wonder hoekom die bestuurder na die Medikliniek geneem is en die ander na die hospitaal. Ek neem dan aan hy behoort aan n mediese fonds.

Johan ·

Geen simpatie, moet weet om nie te oorlaai niemand het hulle gedwing om soos sardientjies te oorlaai maar hulle dink mos hulle is above te law….

G ·

Johan, die ONSKULDIGE kinders het seker ook gevra om saam te ry nè?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.