Vier dood, 9 beseer in N1-botsing

Foto: ER24

Vier mense is dood en nege ander beseer nadat ʼn bakkie en ʼn motor Woensdagmiddag op die N1-snelweg 15 km buite Worcester in die Wes-Kaap reg van voor gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici, die brandweerdienste en ander nooddienste is na die toneel ontbied. Daar het hulle die wrakke van die twee voertuie langs die pad aangetref met die bakkie wat op sy kant gelê het.

“Die insittendes van albei voertuie het verspreid oor die toneel gelê,” het Meiring gesê. Paramedici het dadelik die pasiënte ondersoek en gevind dat een man en twee vroue reeds aan hul beserings beswyk het. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Tien ander mense, insluitend twee kinders, het beserings in die botsing opgedoen. Volgens Meiring was vier van die beseerdes in ʼn kritieke toestand, terwyl die ander geringe tot matige beserings opgedoen het.

“Paramedici het dadelik die kritiek beseerdes op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn hospitaal in Worcester gehaas is. Ongelukkig het een van die beseerdes, ʼn vrou, met haar aankoms by die hospitaal aan haar beserings beswyk,” het Meiring gesê.

Die ander beseerdes is ook na ʼn hospitaal geneem.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

jaco ·

10 beseer en 4 dood en daar was net ‘n bakkie en ‘n motor in die ongeluk betrokke. Ten minste een van die twee voertuie was dan oorlaai…

Coenie ·

Wat is die oorsaak van die toenames in kop aan kop botsings?

thelsa ·

Sperstrepe het padversierings geraak vir motorbestuurders in SA. Die goed is daar vir ‘n rede !!!!

Cornelius du Rand ·

Daar is n kultuur in Suid-Afrika van verontagsaming van reëls. Dit sluit padreëls in. Ons regering het sy mense net gewys op regte maar vergeet gerieflik van elke reg het n verpligting.

Greg ·

Coenie, ek kan presies vir jou vertel wat die rede is, mense wat die reels verontagsaam. Motors verby gaan oor ‘n soliede wit lyn, motors verby gaan oor ‘n dubbel wit lyn om blinde draaie. Motors wat van die pad af gedruk word sodat die persoon wat verby gaan nie ‘n kop aan kop botsing veroorsaak nie. Die pad tussen Worcester en Laingsburg is ‘n nagmerrie, hierdie vakansie was die eerste keer in 22 jaar wat ek bestuur, wat ek by myself dink dat ek nie vandag op die pad wil wees nie!

botterblom ·

Ek kan nie sê wat die rede is vir die ongeluk nie, maar een ding wat seker is is die mense met die nuwe groot bakkies is asof hulle ‘n arrogansie saam met die bakkie gekoop het… Oral waar ons gery het het baie (jaaaa, nie almal nie), maar regtig redelik baie dat dit opsigtelik was, roekeloos en arrogant bestuur… Ek self is eenmaal in Bloemfontein 3x van die pad af probeer druk omdat ek in spitverkeer by te stadig of wat ook al gery het. Hy het met ‘n spoed op my afgejaag en verbygegaan en dan skielik (amper in my vas) weer voor my ingejaag en dit 3x herhaal met ‘n klein kind in die bakkie… Ek ook gelet dat daar deesdae baie in ongelukke betrokke is en dit bewys my waarneming hierbo… Moet nie dat die bakkie die mens verander nie…

Wouter ·

Botterblom. Seker die ouens met GP reg en Rangers? Want die Hilux ouens ry nie so nie. Ek is van Bloem en ons ry ordentlik.

GP ·

@Wouter. Jy veralgemeen maklik deur te se “seker ouens met GP reg”. Nuus vir jou ou perd. My bakkie se registrasie nommer eindig met GP en ek ry ordentlik. Dit hang nie van die maak van Bakkie of Provinsie af hoe iemand bestuur nie. Dit hang af van die persoon agter die stuur!!!!!!! Met tong innie kies gese:……Mans is gewoonlik in Rangers of ‘n Hilux…. :-)

lowlux ·

mens kry net twee soorte toyota bestuurders. die wat die oad bekruip en 60 ry in 120 zone of die wat dink hy\sy ry n viertuig wat wo goed is, dat ander padgebruikers vir hulle moet dink.

Visser ·

Motorists steur hulle nie meer aan padreels nie. In die Kaap stop meeste mense nie meer by ‘n stopstraat nie en daar oor rooi ligte gery asof dit in die mode is. Sperstrepe word net geignoreer.

Leeann ·

My persoonlike opinie. Vir R1000 koop jy ‘n lisensie, sonder dat jy enigsins vir ‘n leerlinge lisensie geleer het, sonder ‘n idee wat enige pad teken beteken. EK HET AL MILJOENE GESIEN WAT NIE KAN PARKER, OF IN TRU RAT AGTERUIT KAN RY NIE!!!!! Nou vra ek myself die vraag af? Hoe kry jy ‘n bestuurslisensie lisensie sonder dat jy bogenoemde kan doen!!!! En as jy probeer help is hulle baie arrogant!!!!!!

Christo ·

Ongelukkig moet ek met jou saamstem. Vanaf Emoya in stad toe bevestig jou waarneming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.