Vier dood by fabriek

Argieffoto

Vier mense is dood en een in ʼn kritieke toestand in ʼn Kaapse hospitaal nadat hulle Dinsdagmiddag beswyk het toe hulle vermoedelik ʼn onbekende dodelike gas ingeasem het terwyl hulle besig was om ʼn ondergrondse tenk by ʼn plastiekherwinningsfabriek in Parow Vallei in Kaapstad se noordelike voorstede skoon te maak.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is kort na 14:00 na die fabriek ontbied waar twee mans vroeër hul bewussyn verloor het  terwyl hulle besig was om ʼn ondergrondse tenk skoon te maak. Twee ander mans wat hulle te hulp gesnel het, het ook hul bewussyn verloor.

Die vier mans het met paramedici se aankoms op die toneel geen tekens van lewe meer getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Drie ander mans is op die toneel behandel, van wie een in ʼn kritieke toestand en een in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas is. Die derde persoon het vervoer na ʼn hospitaal van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marietjie ·

Nee man dit is skokkend Hoeveel mense deesdae doodgaan as dit nie Voertuig ongelukkig busse wat omslaan dood geskiet highjack of plaasmoorde en.wat ook al nie sterf soveel mense onnodig by hul werk Waar jy meeste van die tyd is. Innige meegevoel aan die families wat betrokke is. RIP En Sterkte aan die in hospitaal

Estelle Claassens ·

Mens moet nooit die Here se hand hierin miskyk nie…….wie weet waar hulle sou gesterf het indien nie daar nie?

Martin ·

Innige meegevoel aan die oorledendes. Wil vir my voorkom of “confined space entry” prosedures nie gevolg is nie.

Yolie ·

Hoe op dees aarde laat ‘n werkgewer toe dat mense in’ n co fined space in gaan sonder om te seker maak hulle gaan veilig wees? Aan die families wat ‘n geliefde verloor het, innige simpatie.

Danien ·

Hierdie is duidelik die werkgewer se skuld. Daar moet deurentyd getoets word vir giftige gasse. Vars lug moet ingeblaas word. Maskers gekoppel aan suurstof moes gedra word. Hoekom gebeur dit. Die werkgewers wat al wel skuldig bevind word kry n boete en gaan aan met sy lewe. Dit is tyd dat die howe die wergewer ( Direkteur) van so n maatskappy tronk toe stuur en so persoon moet verban word vir sy res van sy lewe om n posisie te beklee waar hy/sy met sulke groot verantwoordelikhede sit.

Sinies ·

Innige simpatie aan die families van die oorledenes.

Dit is egter nie altyd so maklik om skuld toe te deel nie. Ek ken geen werkgewer wat willens en wetens mense na hul dood sal stuur nie.
By voorbeeld, onkunde van personeel ‘n groot probleem omdat mense sertifikate ontvang wat voorgee dat mense sekere vaardighede het, wat nie daarvoor gekwalifiseerd is nie.

Tans is ‘n baie groot deel van die vervaardiging besighede in die land finansieel op risiko/kwesbaar en word hulpbronne tot die uiterste gerek.

Die vraag is, moet hulle liewer toegemaak word en die see van werkloosheid verder vergroot word totdat die land onder die gewig van werkloosheid-anargie swig of is daar ‘n ander lewensvatbare uitweg?

Baie van die fabrieke ter sprake, is juis die gedeelte van die ekonomie wat die gros half geskoolde (werklose) werkers ‘n sinvolle heenkome kan bied.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.