Vier dood, drie beseer toe motor en vragmotor bots

Argieffoto

Vier mense, waaronder ʼn jong kind, is dood en drie ander beseer toe ʼn motor en ʼn vragmotor gebots het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het Saterdagaand op die R64 op Bultfonteinweg, 20 km buite Bloemfontein, plaasgevind.

“Ons paramedici het omstreeks 18:00 by die toneel opgedaag en nóg ʼn kind en man aangetref met gemiddelde beserings,” het Siddall gesê.

Volgens Siddall was een van die oorlede mans vasgekeer in ʼn Toyota Conquest.

“Meganiese toerusting is gebruik om hom van die motor te bevry.” Die bestuurder van die Toyota Conquest het geringe beserings opgedoen.

ʼn Ambulans het die drie pasiënte na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Boeregesin op plaas vermoor, motor bots teen vragmotor, taxi bots teen ander, shacks brand af, kind in asdrom gevind ……….. Hiedie is nie meer nuus nie. Daar MOET tog ander nuus wees.

SARIE VAN HEERDEN ·

Nog een vergeet: ou man gevang met kinderpornografie …………………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.