Vier dood in boendoe-geweld

Een van die motors wat aan die brand gesteek is. (Foto: Verskaf)

Vier mense is vermoor en huise en motors aan die brand gesteek toe die gemeenskap van ’n nedersetting in Limpopo Maandagaand eie reg gebruik het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes van die Vhembe-distrik is op die spoor van verdagtes ná die moord op vier mense in die Mutele-nedersetting.

Die omstandighede rakende die moorde is nie in dié stadium duidelik nie. ’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes eiemagtig opgetree het ná die verdwyning van ’n 25-jarige man wat verlede Maandag as vermis by die Makuya-polisiekantoor aangemeld is.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiehoof, het die geweld veroordeel en die polisie se 72-uur-aksieplan in werking gestel om die verdagtes vas te trek.

Vier sake van moord en brandstigting word ondersoek.

Volgens Mojapelo sal inhegtenisnemings binnekort volg.

Die polisie doen ’n beroep op mense met inligting oor die voorval om AO Madimabe Mhlavheni by 082 414 2481 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stefan ·

En die verdwyning van die 25 jarige man wat aanleiding was tot die moorde, word dit ook nog ondersoek?

marius ·

Mense is keelvol vir die patetiese regstelsel .Misdadigers , moordenaars , verkragters , dwelmhandelaars en korruptes oorheers die land en die polisie kan die mense nie beskerm daarteen nie . Arrestasies na die tyd is soos om pleisters op ‘n gapende wond te plak . Dit help niks , en dan word gewone mense wat dit verloor opgefoeter. Die gemeenskap se wek roepe word bloot geignoreer . Dis die waarheid .

KB ·

Myns insiens lê die probleem by die onvermoë vd SAPD op Mutele. Hierdie is nie die eerste keer dat ongewone gebeurlikhede daar plaasvind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.