Vier dood in gru-botsing

Drie volwassenes en ʼn baba is Saterdag in ʼn gru-botsing op die pad tussen Struisbaai en Bredasdorp in die Wes-Kaap dood.

Volgens Reinard Geldenhuys, hoof van die brandweer en rampbestuur van die Overberg-distriksmunisipaliteit, was ʼn motor en ʼn vragmotor omstreeks 11:40 op die R319 in ʼn botsing betrokke.

ʼn Man, twee vroue en ʼn babadogtertjie, glo net meer as ʼn maand oud, is op die toneel dood verklaar. Nog twee vroue is ernstig beseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het gesê die vragmotorbestuurder is nie in die botsing beseer nie.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie duidelik nie en die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag, het Traut gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

007 ·

Ses grootmense en n baba in n GTi. Wat van sosial social distancing?

Betsie ·

Baie dankie MaroelaMedia.co.za vir die berig wat nie sensasie gerig is nie. Dit is n bitterlike moeilike tyd vir almal. En vir die mense wat gecomment het oa Duck en Wit Willem daar staan nerens iets van n GTI nie dit was n gewone jetta. Daar staan ook nie 6 grootmense en n baba nie. Buiten vir die RIP is jul comments ongevraagd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.