Vier mense is dood en talle beseer nadat ’n minibustaxi en ’n vragmotor Maandagoggend by Witbank in Mpumalanga reg van voor gebots het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op die R555 in die omgewing van Jackaroo Park plaasgevind. “ER24 se paramedici het omstreeks 7:55 op die toneel aangekom en ander nooddienste was ook reeds daar.”
Volgens Meiring was talle mense steeds in die taxi terwyl ander reeds buite die voertuig was. “Drie mense het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”
Talle mense is ernstig beseer. ’n Vrou was in die wrak van die taxi vasgekeer en moes met meganiese toerusting bevry word. “Die kritiek beseerde pasiënte is na nabygeleë hospitale gehaas. Een van die beseerdes is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar.”
Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog onduidelik en word ondersoek.
Gedekoloniseerde padreels maak my siek.
…..en dit maak padgebruikers dood.
Vragmotor, taxi…………….sê mos alles!!!