Vier dood in gru-ongeluk

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Vier mense is dood en sewe beseer in ʼn botsing tussen drie voertuie en ʼn bus op die N2 in KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het tussen Umtentweni en Hibberdene plaasgevind. Volgens Botha het wrakstukke tot sowat 60m ver van die ongelukstoneel gelê.

Botha het gesê talle mense was in die wrakke vasgekeer. Vier mense is op die toneel dood verklaar. Volgens Botha is twee mense kritiek beseer terwyl nog vyf mense ernstige beserings opgedoen het. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Ons metropolisie hier in Ekurhuleni stel ook net belang in uitstaande boetes – dan word hulle op straat gesien. Al wanneer hulle regtig werk is tydens die begin en einde van skoolvakansies. Dis seker wanneer hulle die meeste geld maak dmv boetes. Wat hulle voor en na skoolvakansies doen, sal net hulle weet!!!

Cornè ·

Christa, ek bly ook op die oos rand, en dit wat jy sê is so waar.

Peet Schabort ·

Skynbaar nie plek vir almal op een pad EN in DIESELFDE rigting want dis ‘n nasionale roete, deurpad, snelweg. Lg. benaming is dalk die probleem wat haastigheid betref. Skokkend om die voertuigwrakke te sien en kan net dink ook aan die insittendes. Dit alles in ‘n kwessie van sekondes.
Dissipline = geduld = padoorlewing.
Net gister hou ek stil by ‘n stopteken maar nee, die voertuig agter my JAAG OM MY en foeter voort !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.