Vier dood in KZN-vloede

Die huis wat in Queensburgh inmekaargestort het. Foto: IPSS Medical

Vier gesinslede, onder wie ʼn kleuter, is dood nadat hul huis weens kitsvloede inmekaargestort het in Queensburgh in KwaZulu-Natal.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê die soektog na die ander gesinslede is intussen eers opgeskort weens die weerstoestande wat onder meer ook modderstortings tot gevolg gehad het.

Volgens Herbst was die metropolisie, soek- en reddingspanne, die polisie se honde-eenheid en die brandweer ook op die toneel.

Daar is intussen ook berig dat huise ineengestort het in Newlands en Chatsworth en volgens Herbst is paramedici op pad na die gebiede.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê dit was ʼn baie besige nag vir die nooddienste met talle reddingspogings wat onderneem is en reën wat steeds in Durban val.

Volgens berigte het kitsvloede in talle dele van KwaZulu-Natal voorgekom. In Umlazi is talle mense glo in hul huise vasgekeer nadat die Umhlatuzana-rivier oorstroom het.

Talle paaie is ook onbegaanbaar weens vloedwater.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

IK ·

Wat ek wil vra/sê is of daar nog ag geslaan word op die watervloedlyn? Dis nou daardie gebied wat enige rivier of spruit aan homself toeken en selfs die EFF en BLF maar liefs moet wegbly. Moeder natuur laat haar nie voorskryf! Sy was hier vandat die aarde geskape is.

Julie Jansen van Rensburg ·

Baie hartseer – ek onthou nog die tyd in 1987 toe ek nog in Durban gewerk het – daardie oorstromings in Natal was iets skrikwekkend – ek het byvoorbeeld op die brug oor die Umgenirivier by Northway vir ‘n oomblik stilgehou en voel hoe die struktuur sò skud dak ek vinnig daar padgegee het. En die duisende mense wat feitlik alles verloor het; selfs grafte wat oopgespoel het. Verder met die kus af het ‘n verkeersman op ‘n brug gestaan om mense te keer om nie daardie roete te gebruik nie, en skielik het die water die brug – en man – meegesleur… Ja, die mens het geen mag teen die elemente nie – wind, water, vuur…

Seeskulp ·

Ons woon in Amanzimtoti. Dis alweer chaos hier ook net soos verlede jaar. Hier is ook huise wat ineengestort het, paaie wat sinkgate geval het en ander algemene vloedskade. Die N2 is heeltemal onder water. Die reen het so pas vir eerste maal gestop van 3 dae gelede af….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.