Vier dood in N2-botsing

Foto: Twitter

Vier mense is dood en 15 beseer in ʼn botsing Maandagoggend naby Oos-Londen in die Oos-Kaap.

Die botsing tussen ʼn minibustaxi en ʼn motor het op die N2 tussen Hemingway en Gonubie plaasgevind, het Unathi Bhinqosa, woordvoerder van die provinsiale verkeersdepartement, gesê.

Volgens Bhinqosa het die bestuurders van albei voertuie die botsing oorleef. Albei voertuie het vanaf Oos-Londen se rigting gekom toe die botsing plaasgevind het.

Die minibustaxi was vol gelaai terwyl daar drie insittendes in die motor was. Die presiese omstandighede rakende die botsing word ondersoek.

Verkeer is erg ontwrig weens die botsing en motoriste is aangeraai om alternatiewe roetes te oorweeg.

Die departement het ʼn beroep op motoriste gedoen om ekstra versigtig te wees aangesien paaie in die provinsie nat en glibberig is weens reën.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kokkie ·

Jy is heeltemal reg, Emily. En die taxi’s (‘drywers’) is absoluut standaardprosedure/toerusting in die slagting op S.A. -paaie. Doodskiste op wiele ! Deel van die reënboognasie. Hoe tragies!

Alweer ·

Alweer niks oor die ongeluk op die N12 nie, maar wel ‘n nuwe een oor ‘n ongeluk wat ‘n dag later gebeur het

Jacobus Johannes Cronje ·

Ek wonder hoeveel taxi’s en vragmotors is jaarliks in ongelukke betrokke

Chris Ws ·

Altwee voertuie betrokke in die ongeluk beweeg IN DIESELFDE rigting?Hoe de joos vind daar ‘n botsing plaas?Erens was daar ‘n gek agter die stuur dis duidelik.Weet nie wat gebeur het nie e n of die pad nat was nie maar dit maak nog nie saak nie.As die pad nat is ry jy STADIGER as normaal en rek jou volg afstand na dubbel wat dit moet wees op ‘n droe pad.Wonder hoeveel bestuurdes weet dit?

tw ·

Hi Chris Ws, ek woon in Oos- Londen en kan amper met 100 % se dit is weer n geval van n taxi bestuurder wat in die regter baan, oorswenk na die linkerbaan, sonder op berekende afstand korrek op te som, sodat die afrit links geneem kan word. Soggends oppad werk toe beleef ek dieselfde probleem tussen 3 tot 5 keer — elke dag. Dit is n daaglikse probleem hier op ons paaie en verkeersbeamptes is nerens te sien nie.

tw ·

Hi Chris Ws, ek woon in Oos- Londen en kan amper met 100 % se dit is weer n geval van n taxi bestuurder wat in die regter baan, oorswenk na die linkerbaan, sonder op berekende afstand korrek op te som, sodat die afrit links geneem kan word. Soggends oppad werk toe beleef ek dieselfde probleem tussen 3 tot 5 keer — elke dag. Dit is n daaglikse probleem hier op ons paaie en verkeersbeamptes is nerens te sien nie.

Michael P ·

TAXI’s is die gtootste misdadigers op ons paaie het geen respek vir enige mens se lewe niw En die owerhede doen net mooi niks daar aan nie. en dan preek hulle gedurig van pad sterftes Vat net die taxi.s vas en daar sal n baie groot verbetering wees.

Magda ·

Wanneer gaan die TAXI EIENAARS aangekla word vir hulle “werkers” bestuurders wat so roekeloos bestuur. Die is ent soos enige besigheid en die EIENAARS is verantwoordelik vir hulle werkers – KOM AAN MAN – KLA HULLE AAN.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.