Vier dood in ongeluk naby Sudwala-afrit

Vier mense is in die ongeluk naby die Sudwala-afrit dood. (Foto: ER24)

Vier mense is Vrydagaand dood in ʼn ongeluk tussen ʼn vragmotor en ʼn ligte voertuig op die N4 naby die Sudwala-afrit in Mpumalanga.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was omstreeks 18:30 op die toneel. Die motor was gedeeltelik onder die voorkant van die vragmotor met vier insittendes daarin vasgekeer.

Drie mense is op die toneel dood, terwyl ʼn vierde slagoffer ten spyte van paramedici se beste pogings om haar lewe te red, kort daarna ook aan haar beserings beswyk het.

“Die vragmotorbestuurder en sy twee passasiers het ligte beserings opgedoen, maar wou nie na ʼn hospitaal geneem word nie.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarel ·

Alweer ‘n Vragmotor en hoekom wou hulle nie Hospitaal tie gaan nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.