Vier dood in skietgeveg ná transitoroof  

(Foto: Yusuf Abramjee/X)

Vier transitorowers is Woensdagmiddag noodlottig gewond in ʼn skietgeveg met die polisie in Estcourt, KwaZulu-Natal.

Volgens die polisie het ʼn onbekende aantal verdagtes, wat in drie voertuie gery het, ʼn geldwa tot stilstand gedwing en die veiligheidswagte van hul vuurwapens beroof voordat hulle met ʼn onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan het.

Die verdagtes was hierna in ʼn skietgeveg met beamptes van die provinsiale padverkeersinspektoraat betrokke. Twee beamptes is beseer.

Beamptes van die polisie se hoofwegpatrollie het ook op die voorval gereageer en nog ʼn skietgeveg het uitgebreek waartydens vier verdagtes doodgeskiet is.

Vuurwapens, waaronder twee AK 47-aanvalsgewere en ʼn R5-aanvalsgeweer, sowel as ʼn onbekende bedrag geld wat vermoedelik uit die kontant-transitovoertuig geroof is, is in die verdagtes se besit gevind.

Een van die voertuie wat in die transitoroof gebruik is, is vroeër vandeesmaand in Germiston, Gauteng, gekaap.

Die polisie is op soek na nog verdagtes.

(Foto: Yusuf Abramjee/X)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lesly ·

Altyd goed om bietjie goeie nuus te lees. Daar bly natuurlik een klein vragie by my opkom. Waar kom die R5 vandaan.

annie ·

Met die meer geld in die sak sal die skimmels nou meer as R5 darem hê vir nog van dieselfde by dieselfde plek.

Danie ·

Jul sal opmerk dat die geld altyd weg is die onbekende bedrag is seker die wat nog op die toneel le.Goeie werk vir die kopskote.

ES ·

‘n Mens kan R 5 semi-outomatiese variante privaat koop en lisensieer. Maar ons almal weet dat dit waarskynlik vanaf ‘n polisiestasie kom.

Di ·

Baie geluk, 4 minder om voor te sorg in die tronk. “Live by the sword, die by the sword”

Cherokee ·

Dikwels laat die nuus dit lyk asof die polisie se opleidingskollege in KZN behoort te wees.

trotsNAMSA ·

Ek was vir 35 jaar in die SAPD en slegs tydens opleiding met ‘n R5 geskiet.
Net die gespesialiseerde eenhede het R5’s tot hul beskikking. Ons gewone lede het net ‘n handwapen, nie eers Pepler sproei nie.
Bid liewers vir die SAPD wat dis daardie uniformlede sonder R5’s wat eerste op die toneel is.

minnie muis ·

leer sbv nie…. hul moet elke staff polygraph laat doen… die roetes word nooit vooraf gegee nie. so die sindikaat werker is in hull geledere… en eintlik moet geen fone toegelaat word nie

domheks ·

SBV staan vir Standard, Barclays en Volkskas.
In die ou dae het hulle jou laat weet hoe laat om aflewering te verwag. Weet nie of dit nog so gedoen word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.