Vier dood ná bus omslaan; pad gesluit

Foto: ER24

Foto: ER24

Vier mense is dood en talle beseer ná ʼn bus Woensdag op die N1 in Limpopo omgeslaan het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het omstreeks 10:00 sowat 20 km buite Louis Trichardt by die Witvlag-afrit plaasgevind. “Die bestuurder van ʼn Eagle Liner-bus van Zimbabwe het glo beheer oor die voertuig verloor en die bus het omgeslaan. Ons kan tans bevestig dat twee mans en twee vroue dood is,” het Otto gesê.

Sy het gesê 29 ander passasiers is beseer, terwyl 32 passasiers ongedeerd is. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is sommige van die passasiers kritiek beseer, terwyl ander net geringe beserings opgedoen het. “’n Mediese helikopter is na die toneel ontbied om van die kritiek beseerdes na nabygeleë hospitale te vervoer,” het hy gesê.

Ander beseerdes is met ambulanse na verskillende hospitale geneem, terwyl reddingsdienste die oorledenes se liggame van die toneel af verwyder het.

Otto het gesê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek, maar niemand is in hegtenis geneem nie. “Die N1 tussen Louis Trichardt en Musina is steeds gesluit terwyl die toneel opgeruim word en motoriste word aangeraai om van ander roetes gebruik te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Dat een nalatige persoon soveel leiding en pyn kan veroorsaak.

DPJ ·

Hoe tragies dat een anlatige bestuurder so baie pyn en leiding kan veroorsaag.

Awie ·

Volgens Louis Trichardt Polisie is die N1 weer oopgestel vir verkeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.