Vier dood ná gemeenskap glo mans brand

misdaadtoneel

Vier mense is dood en vyf ernstig beseer na ’n brandvoorval by Zandfontein in Gauteng. Die voorval was vermoedelik die gevolg van gepeupelgeregtigheid. (Argieffoto ter illustrasie)

Vier mense is dood en vyf ernstig beseer na ’n brandvoorval by Zandfontein in Gauteng. Die voorval was vermoedelik die gevolg van gepeupelgeregtigheid.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, het die voorval veroordeel en gesê dat sake van moord en poging tot moord tans ondersoek word.

“Daar is Woensdag omstreeks 02:00 aangemeld dat sowat 200 mense ’n soektog na ’n groep seuns, wat glo mense in die Zandfontein-gemeenskap beroof het, op tou gesit het.”

Die ouderdomme van die seuns is nie in dié stadium bekend nie.

“Nooddienswerkers het nege mans in die middel van ’n veld naby ’n smeulende rubberband gevind. Die mans was vasgebind en het ernstige brandwonde opgedoen,” sê Russel Meiring, woordvoerder vir ER24.

“’n Groot groep mense uit die gemeenskap het om die gebied saamgedrom.”

Meiring sê dat die oorledenes op die toneel dood verklaar is.

“Hulle het reeds aan hulle veelvuldige brandwonde beswyk en daar was niks wat vir hulle gedoen kon word nie.”

“Die ander mans is op die toneel behandel en van gevorderde lewensondersteuning voorsien voordat hulle na nabygeleë staatshospitale geneem is.”

Die polisie het die voorval veroordeel en gesê dat sake van moord en poging tot moord tans ondersoek word.

Volgens Makhubele is die polisie steeds na die verdagtes op soek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Misky ·

Dit sal meer en meer gebeur totdat die polisie hulle werk begin doen. Dan ook strek dit tot by die strafregstelsel, want borg word te maklik toegestaan en die skuldiges is môre weer op straat en in die gemeenskap. Die HELE SA is nou keelvol!!!

My siening ·

Jy is so reg maar ANC baklei eerder vir geld en posisie!

Marcello ·

Ek dink almal in hierdie land is OP vir misdade, en as hulle gevang word, word hulle lig gestraf, en vrygelaat om maar weer misdade te pleeg.

marius ·

Wie het die sogenaamde gepeupel geskep ? As die hoi poloi nie meer sekuriteit kan bekostig en hulle word deurentyd aangeval verander hulle binne ‘n week in gepeupe l !

Saartjievandiebosveld ·

Die mense is keel vol vir al die misdaad….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.