Vier dood na hul uit voertuie geslinger word

Foto: ER24

Foto: ER24

Vier mense is dood nadat hulle tydens ʼn gru-botsing in Carletonville, in Gauteng, uit die voertuie geslinger is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R501, naby Welverdiendweg, gebeur.

“Paramedici en ambulansdienste het die twee wrakke van die voertuie langs die pad gevind. Van die insittendes het buite die wrakke gelê en twee het op die toneel rondgeloop,” het Meiring gesê.

Drie mans wat op die toneel gelê het, het reeds aan veelvuldige beserings beswyk. “Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

ʼn Vrou wat ook langs een van die wrakke gelê het, was in ʼn kritieke toestand. Paramedici het haar op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Sy het egter met haar aankoms by die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Die ander twee pasiënte op die toneel, ʼn man en ʼn vrou, het minder ernstige beserings opgedoen. Hulle is per ambulans na die Leratong-hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michelle Bothma ·

Daar was ñ vrou oorlede op die toneel,sy is opslag oorlede en was een van die bestuurders van een van die voertuie.Hulle was oppad huistoe van biduur af

Oorsaak ·

Nooit hoor ons die uitslag van wat die oorsaak was van ‘n ongeluk. Daar is dus geen opvolgberig. Sodoende kan ons nie leer uit ander se foute hetsy moedswillig of andersins die oorsaak was.

Cherokee ·

Stem saam met wat jy sê, Oorsaak. Sou ook wou sien dat meer inligting verskyn want dit is bekende omgewing. Miskien meer inligting selfs in die kommentare vanaf lesers wat meer weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.