Vier dood ná motor in stormwaterkanaal beland

(Foto: Trauma Response Africa/Facebook)

Vier mense is dood en een beseer ná ʼn motor in ʼn stormwaterkanaal langs die N8 in Bloemfontein beland het.

Volgens Trauma Response Africa het die bestuurder glo beheer oor die motor verloor en teen ʼn hoë spoed ʼn boom getref. Die motor het hierna teen ʼn wal afgetuimel en in die Bloemspruit-stormwaterkanaal naby die industriële gebied in Ooseinde beland en was gedeeltelik onder water.

Nooddienste, die Mangaung-brandweer en verskeie insleepdienste het toegang tot die voertuig verkry en die enigste oorlewende uit die voertuig gehaal.

Ná verdere ondersoek is daar bevind dat die res van die insittendes aan hul beserings beswyk het.

Drie van die vier oorledenes se liggame is uit die voertuig gehys met behulp van gespesialiseerde reddingstoerusting.

Die vierde oorledene was egter vasgevang in die wrak en die motor is uit die water gehaal voordat die liggaam verwyder kon word.

Die polisie het ʼn ondersoek na die oorsaak van die ongeluk begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.