Vier dood ná pa en seun se ‘misverstand’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 32-jarige man wat op Nuwejaarsdag glo vier persone doodgeskiet en vier ander gewond het, is Saterdagaand in Mahlabathini in hegtenis geneem.

“Die man en sy pa het op Nuwejaarsdag omstreeks 19:30 tydens ʼn gesinsvergadering hul vee bespreek,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Daar was ʼn misverstand en die pa het die bure geroep sodat hulle kon hoor wat die seun te sê het. Terwyl hulle gesit en luister het, het die seun glo ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en almal in die huis geskiet.”

Vier persone, insluitend die pa, is dood en vier ander het ernstige beserings opgedoen. Hulle is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

“Die verdagte het te voet van die toneel gevlug en die polisie het dadelik ʼn soektog van stapel gestuur,” het Zwane bygevoeg. “Die man is uiteindelik gisteraand deur speurders van Mahlabathini aangekeer. Hy sal binnekort in die Mahlababathini-landdroshof verskyn op vier aanklagte van moord en vier aanklagte van poging tot moord.” Volgens Zwane het die polisie ook ʼn 9mm-pistool met een patroon gevind. Dit sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit tydens enige ander misdaad in die land gebruik is.

Die vier oorledenes is geïdentifiseer as Mandla Zungu, Fana Dlamini, Thamsanqa Ntshangase en ʼn 59-jarige man, die pa van die verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karel Sieta ·

Regtig DPJ ?? Volgens wat ek verstaan uit jou bydrae hier is dat dit net nie-gelowiges is wat moorde, ens. pleeg. Ai Ai, kan jy nou meer ……

Yahleda Ihlathini ·

Ja Karel Sista. DPJ is nie heel reg nie.. kyk hoe moor die muslims in hulle godjie se naam

elize naude ·

ons almal is skuldig voor God net soos die moordenaar aan die kruis…
hoeveel keer het mense hier op die forum nie al haatsprake en ander die doodstraf gewens nie…???
wie sonder sonde is gooi tog die eerste klip…

arie plaasboer ·

Aan Sune,
Al die voorafgaande kommentare het feitlik GEEN relevansie met die berig nie maar hulle bly bestaan.

Hoe rym dit met julle beleid

E.K. ·

Ek glo die man het ook nie ‘n lisensie vir sy vuurwapen nie – ‘n verdere oortreding. Die feit dat hy ‘n geweer by hom het as hulle oor vee moet praat wys maar net met watter voorbedagte rade hy na die “vergadering” toe gegaan het. Dis erg – om jou ouer oor iets soos vee dood te skiet en dan sommer van die bure ook. Mag hy sommer vir altyd gebêre word, want hy is beslis ‘n gevaar vir die gemeenskap; ‘n geval van: ek stem nie saam met jou so ek skiet jou sommer dood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.