Vier dood na twee bakkies bots

Foto: Verskaf

Vier mense is dood nadat twee bakkies op die N1 by Touwsrivier in die Wes-Kaap gebots het.

Drie mense is beseer in die botsing wat Woensdag laatmiddag plaasgevind het.

Volgens Jandré Bakker, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, het die bakkies reg van voor gebots. Verkeer is erg ontwrig.

Die presiese omstandighede wat aanleiding tot die botsing gegee het, word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.