Vier mense is dood en sowat 35 ander beseer in ʼn gru-ongeluk tussen verskeie voertuie in Durban.
Garrith Jamieson, woordvoerder van ALS Paramedics, sê absolute chaos het op die toneel in die suide van die stad geheers toe paramedici kort ná 17:00 Woensdag daar aangekom het.
ʼn Vragmotor, ʼn bus en minstens drie ligte voertuie was in die ongeluk betrokke en paramedici en reddingswerkers van verskeie nooddienste is na die toneel ontplooi.
Die vragmotor en bus het klaarblyklik naastenby op die straathoek gebots, waarna die twee voertuie in verskeie ander voertuie ingeploeg het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê vier mense is op die toneel dood verklaar.
Volgens Jamieson was een van die slagoffers in ʼn motorwrak vasgekeer en moes met lewenskake bevry word voordat die persoon na ʼn hospitaal geneem is.
Die polisie ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Ek bly in Kaapstad en se nie daar gebeur nie slegte dinge hier nie, maar daai Durban is net soe bietjie extra met alles.
Dit is te wagte. Hier in die stad is daar nie meer padreëls nie. Die mense ry soos hulle wil, wanneer hulle wil. Ons woon nie te vêr van ‘n groot “interseksie”. In die aand hoor jy voertuie en motorfietse resies jaag. Niemand doen iets daaraan nie. Straatresies is algemen verskysnsel. Verkeersligte word blatant ignoreer. Spoed beperking bestaan ook glad nie. Jy neem jou lewe in eie hande as jy in die groter Durban gebied dit waag om op die snelweë en ander deurpaai ry. Dit is ‘n nagmerrie. Dit kan nie so voortgaan nie.
Kan ek raai dat die bus waarskynlik nie gestop het waar en soos dit moes nie en dat die vragmotor toe moes uitswaai daarvoor en dat dit tóé in die ander voertuie ingeploeg het?