Vier dood, talle beseer in Limpopo-botsing

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag (Foto: Verskaf)

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat vier mense dood en verskeie beseer is toe ʼn minibustaxi en ʼn motor buite Phalaborwa in Limpopo gebots het.

Die Toyota-minibustaxi en Ford Fiesta het Woensdag omstreeks 20:00 reg van voor op die R71-pad tussen Namakgale en Phalaborwa gebots.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die minibustaxi was op pad na Namakgale toe dit reg van voor teen die motor, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, gebots het.

Die taxi-wrak (Foto: Verskaf)

“ʼn Vrou wat ʼn passasier in die minibus was, is op die toneel dood. Die taxibestuurder en ʼn man wat ook in die taxi gery het, het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk,” sê Ngoepe.

Die res van die insittendes het ernstige beserings opgedoen.

“Die motorbestuurder is op slag dood.”

Paramedici het die beseerdes op die toneel behandel en is daarna na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Minibustaxi en ‘n motor, twee busse en ‘n minbustaxi, minibustaxi en ‘n vragmotor, ses motors en ‘n minibustaxi, man op fiets en ‘n minibustaxi, agt voetgangers en ‘n minibustaxi. Ek sien ‘n neiging hier.

Dup ·

Minibustaxis is verantwoordelik vir baie ongelukke,sterftes en beserings.Statistieke behoort dit te wys.Gaan iets daaromtrent gedoen word,nee.

Thelsa ·

K69 Stelsel baie effektief met voertuig bestuurders se bevoegverklaring.

Mallie ·

Dit help nie hulle het lisensies nie, Het hulle n geldige sertifikaat om te bewys dat hulle passasiers mag vervoer??

Connie ·

Ai ek het dit al so baie gese, ek gaan dit weer se. Was daar n TAXI by betrokke? dan se ek niks verder nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.